WEN­KE

Huisgenoot Wenresepte - - GEUR KOS SO -

Kies spe­se­rye al­tyd ver­sig­tig, want die geu­re vul me­kaar aan. El­ke spe­se­ry het ’n maat – die een soet en de­li­kaat, die an­der skerp en sterk. Hier is ’n paar wen­kom­bi­na­sies: Kar­da­mom en na­el­tjies Kassia en pe­per­kor­rels Ko­myn en koljander Knof­fel en gem­mer

WAN­NEER WORD DIT BY­GE­VOEG?

Heel spe­se­rye word heel aan die be­gin by­ge­voeg en saam met die uie en vleis ge­braai.

Fyn spe­se­rye is baie sterk en kom eers ag­ter­na by wan­neer jy reeds die vloei­stof of ta­ma­ties by­ge­voeg het. Moe­nie fyn spe­se­rye braai nie – dit sal die ge­reg heel­te­mal oor­heers en kan dit ook bit­ter maak.

Knof­fel en gem­mer kom saam met die fyn spe­se­rye by. Voeg knof­fel al­tyd saam met die vloei­stof by om die sagt­heid en soet geur uit te lig – so ver­my jy ook ’n knof­fel­a­sem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.