CAR­MEN SE KIN­KEL

BROC­CO­LI-HOEN­DER

Huisgenoot Wenresepte - - EPISODE 9 -

Jo­gurt ge­meng met die helf­te min­der ma­yon­nai­se van ’n goeie ge­hal­te is net so ’n heer­li­ke sou­sie soos die oor­spronk­li­ke ui­e­sop­poei­er met blat­jang. Ver­al die ker­ries­ma­kie daar­by is lek­ker, sê Huis­ge­noot se Car­men Niehaus.

GE­NOEG VIR 6-8 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 40-45 mi­nu­te

8 hoen­der­por­sies (dy­tjies en boud­jies) sout en pe­per 1 pak (300 g) lang­steel-broc­co­li groot hand vol elk ge­kap­te koljander- en ment­bla­re 125 ml (½ k) ma­yon­nai­se van goeie ge­hal­te 250 ml (1 k) na­tuur­li­ke vol­room­jo­gurt 30-45 ml (2-3 e) ker­rie­pas­ta of 30 ml (2 e)

ge­roos­ter­de ma­ti­ge ker­rie­poei­er 2-5 ml (½–1 t) fyn ko­myn ek­stra na­tuur­li­ke vol­room­jo­gurt en ge­roos­ter­de ma­ti­ge ker­rie­poei­er vir gar­ne­ring (op­si­o­neel) slaai vir voorsit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en smeer ’n oond­vas­te bak.

1 Geur die hoen­der­por­sies met die sout en pe­per en pak in die voor­be­rei­de bak. 2 Pak die broc­co­li tus­sen die hoen­der­stuk­ke. 3 Kap die koljander- en ment­bla­re en sprin­kel oor die ge­reg. 4 Meng die ma­yon­nai­se, jo­gurt, ker­rie en ko­myn en giet bo-oor. Be­dek met tin­foe­lie. 5 Bak 30 mi­nu­te, ver­wy­der die tin­foe­lie en bak nog 10-15 mi­nu­te of tot die hoen­der gaar en goud­bruin is.

6 Plaas ’n paar skep­pies jo­gurt bo-op die ge­reg en sprin­kel van die ker­rie­poei­er oor in­dien ver­kies. (Moe­nie ge­wo­ne ker­rie­poei­er ge­bruik nie, dit sal te bit­ter wees.)

7 Sit voor met ’n slaai van jou keu­se.

VA­RI­A­SIE Ver­vang die ker­rie­pas­ta met 3045 ml (2-3 e) heel­kor­rel­mos­terd. Ver­vang die broc­co­li met Brus­sel­se spruit­jies.

Broc­co­li by C­heryl se lekkerbekhoender maak dit ’n al­les-in­een-ge­reg vol voed­saam­heid

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.