Huisgenoot

Deernis is vir jou en ander goed

-

DIS ’n droomwerk. Jack Verwey* van Kaapstad reis die wêreld vol as beampte van ’n opheffings­organisasi­e wat werk onder armes van Noord- Afrika tot in die Kalahari. Sy kollegas is goeie mense met ’n warm hart vir minderbevo­orregtes.

Maar o wee! In een van die organisasi­e se kantore gaan dit nie lekker nie. Daar werk die gevreesde Mariam*, loshande die suurste en stryerigst­e mens wat Jack al ooit teëgekom het.

Baie van ons het al saam met so iemand gewerk. As jy weet jy gaan saam met Mariam in ’n vergaderin­g sit, begin jou bloed die vorige aand ys. Sy is ’n boelie wat net skel en baklei. Vergeet daarvan om jou mening te lug, want sy sal jou doodskree en kleineer.

“Sy is ’n geweldige steurnis in my lewe,” vertel Jack. Haar optrede het hom later so gepla dat hy oor haar gestres het selfs al was hy aan die ander kant van die aardbol. Hy het haar mooi gevra om meer redelik te wees, maar vergeefs.

En toe beleef Jack ’n aha!-oomblik. Hy het homself in Mariam se skoene voorgestel. “Ek het begin wonder hoe dit vir haar moet voel om met haar eie persoonlik­heid saam te leef. Dit kan nie lekker wees nie.”

Mariam beleef waarskynli­k meer pyn as wat sy vir ander veroorsaak.

Gaandeweg het sy houding versag. Hy het besef hy wil nie meer terugbakle­i, oor haar skinder en haar situasie vererger nie.

Dit het nie die probleem oornag opgelos nie, vertel Jack. Maar wanneer hy Mariam deesdae sien, kan hy vir haar ’n simpatieke woord sê eerder as om die vlamme van konflik aan te blaas. Hy lê nie meer wakker en versondig sy siel oor haar streke nie.

“As jy jouself sover kan kry om ander se swaarkry in te sien, verander dit jul interaksie. Jy voed later nie meer hul woede met jou eie nie,” sê hy.

Jack het ’n wondermidd­el met die naam “medelye” ontdek.

JY HOOR nie baie die woord “medelye” nie. Dit het ’n outydse klankie, soos iets uit die 1933-Bybelverta­ling. Dit beteken letterlik “om saam te ly”, wat nie juis lekker klink nie. Deesdae praat ons van deernis of meegevoel.

In die sielkunde is toenemend ’n besef dat medelye ’n baie kragtige emosie is om heling tussen mense te bring. Die Institute for Mindfulnes­s South Africa (IMSA), ’n groep terapeute en gesondheid­swerkers wat bewustheid­spraktyke bevorder, bied hierdie maand twee simposiums aan, een in Kaapstad en een in Johannesbu­rg. Internasio­nale kenners sal kom vertel hoe terapeute en die res van ons deernis kan aanleer.

“Medelye behels om in te sien ons het almal ’n gedeelde menslikhei­d,” sê Bob Stahl, ’ n Amerikaans­e sielkundig­e, skrywer en een van die kenners wat Suid-Afrika vir die simposium besoek.

“Alle mense, of hulle nou jou vriende of vyande is, moet by tye siekte, hartseer en die dood deurmaak. En wanneer jy dit

As jy jou in die skoene kan plaas van ander mense – selfs dié wat die lewe vir jou moeilik maak – kan jy jou eie en hul swaarkry verminder Deur JOHANNES DE VILLIERS

besef, kan jy empatie en omgee vir alle mense rondom jou aanleer.”

HOEKOM MEEGEVOEL?

Jy wil dit nie aldag hoor nie, maar baie van jou swaarkry word deur jou eie gedagtes vererger, verduideli­k Bob.

As iemand jou by die werk boelie, maak dit jou lewe moeilik. Maar as jy dan boonop jou kop vol haat laat raak vir daardie mens en snags wakker lê, voeg jy ’n ekstra en onnodige laag seerkry by jou reeds onaangenam­e ervaring. In verskeie studies is al bewys dit verhoog jou stresvlak, wat jou immuunstel­sel aftakel en selfs hartkwale kan vererger.

“As ek dus my eie swaarkry wil verminder, moet ek ’n manier kry om haat en verwyt in my gemoed te verminder,” sê Bob. “Deernis is ’n goeie manier om dit te doen.”

Medelye laat ook jou liggaam die goedvoelho­rmoon oksitosien afskei, wat help om bloeddruk te reguleer en jou hart gesond te hou.

Dit gaan ook nie net oor jou eie gemoedstoe­stand nie; die wêreld het deesdae meer deernisvol­le mense nodig, sê dr. Simon Whitesman, voorsitter van IMSA. Met al die wêreld se probleme, die resessie en die politieke gewoel is baie van ons in ’n oorlewings­modus waar ons net kop bo water probeer hou. In sulke tye is mense sterk op hul eie belange gefokus en dink nie aan ander nie.

Maar as ons meegevoel pleks van selfsug in die aangesig van swaarkry kan ontwikkel, sal ons veel meer geneig wees om mekaar by te staan. * Skuilname.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa