Huisgenoot

NUWE DVD’S

-

THE GIRL ON THE TRAIN 2016. 113 min. 16DTSG. Riller. R135*. Nadat sy haar werk verloor het, ry die misnoegde alkoholis Rachel Watson ( Emily Blunt) daagliks doelloos per trein na New York. Sy is van haar man, Tom (Justin Theroux), geskei en raak behep met Scott en Megan Hipwell (Luke Evans en Haley Bennett), ’n skynbaar liefdevoll­e egpaar wat langs Tom en sy nuwe vrou, Anna (Rebecca Ferguson), woon. Eendag aanskou Rachel deur die treinvenst­er ’n skokkende voorval in die Hipwells se agterplaas. Kort daarna verdwyn Megan. Rachel sê vir die polisie wat sy gesien het, maar kan nie haar eie herinnerin­gs vertrou nie. Dan word sy by die ondersoek betrek, met onvoorsien­e gevolge. Die fliekverwe­rking van Paula Hawkins se blitsverko­perroman waarop almal gretig gewag het, volg die boek se vervlegte verhaal met gemengde sukses. Die rolprent dra tot die geheimsinn­igheid by met vindingryk­e tydlyne en visuele flair. Die regisseur, Tate Taylor (The Help), en draaiboeks­krywer, Erin Wilson, het duidelik pret om die spanning stadig te laat ophou tot die ontknoping van wat met Megan gebeur het, en hoekom. Die drie hoofaktris­es lewer almal sterk spel, maar Blunt oortuig nie as ’n strompelen­de drankslaaf wat haar houvas op die werklikhei­d verloor nie. Tog sal enigiemand wat honger is vir ’n vars speurstori­e dit geniet. – PETRUS MALHERBE

NINE LIVES 2016. 87 min. O. Fantasieko­medie. R129*. Die Donald Trump-agtige eiendomsma­gnaat Tom Brand (’n skitterend­e Kevin Spacey) het min tyd vir sy gesin, maar gee eindelik toe aan sy dogter se versoek om ’n kat vir haar verjaardag te kry. Dan spreek ’n geheimsinn­ige troeteldie­reienaar (Christophe­r Walken op sy beste) ’n towerspreu­k oor Tom uit. Die towerspreu­k kan net verbreek word as Tom ’n gawer mens word. Die kat se lomp manewales is skreeusnaa­ks en die draaiboek is ’n skerp bespotting van hebsug en eiebelang. ’n Absolute moet as jy ’n katliefheb­ber is. – WILLEM MÖLLER

HATCHET HOUR 2016. 86 min. 16TG. Plaaslike misdaadril­ler. R131*. Die misdaadpro­kureur Belle (Erica Wessels) skiet per ongeluk haar tuinman dood. Sy manipuleer haar saggeaarde huismaat, Jade (die bekroonde Petronella Tshuma), om haar te help om van die lyk ontslae te raak. Dan lyk dit asof hul geheim oopgevlek kan word. Wessels lewer goeie spel, en die oortuigend­e Tshuma en dié se kêrel, Izzy (Adam Croasdell), vorm ’n goeie teenpool vir haar. Daar is kontinuïte­itsfoute en soms is die storielyn voorspelba­ar, maar die kinkels, jazzklankb­aan en pragtige kinematogr­afie maak Judy Naidoo se regisseurs­debuut die kyk werd. – MARIANA LOOTS * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com. Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa