Huisgenoot

Rihanna laaggevat

-

Ai, mense kan darem gemeen wees. Die internet het onlangs omtrent gegons nadat RIHANNA met ’n voller figuur afgeneem is. Baie mense het bespiegel die sexy 29jarige is dalk swanger. Dat sy die laaste ruk losser klere dra, help ook nie. Maar bronne sê nee. “Rihanna is nie swanger nie,” sê een. “Daar gaan iets in haar lewe aan, maar dit is privaat. Die gissings is vir haar moeilik, maar sy weet sy sal gou weer haar ou self wees.” Nou ja, as jy ook soms onder boelies deurloop, onthou maar dit is selfs vir RiRi nie aldag maanskyn en rose nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa