Huisgenoot

HG SÊ JOU SÊ

-

MY LEWE het sy koers gekies op ’n herfsmidda­g in 1995. Daardie dag het ek ’n tydskrif van die boekrak in my ouerhuis gehaal en besef: In dié tydskrif is soveel wêrelde opgesluit; ek kan hierin soveel ander lewens beleef.

Dit was ’n troos teen die bewuswordi­ng van my eie verganklik­heid. Want selfs al het ek net een lewe hier op aarde, kan ek soveel ander lewens deur lees en skryf verken.

Dit was toe dat ek besluit het om ’n joernalis te word – ek wou ander mense se stories vertel en deur hul oë probeer sin maak van die wêreld.

Toe ek jare later, in 2007, as joernalis by Huisgenoot aansluit, was dit vir my ’n voorreg om op sitkamerba­nke en by kombuistaf­els oor die hele land te sit terwyl mense hul stories met my deel. Tien jaar later het ek steeds respek vir elke mens wat sy storie in Huisgenoot vertel. Soms is die lewe goed en genadig; soms wreed en onregverdi­g. Die uiteenlope­nde maniere waarop ons dit ervaar, wys wat dit beteken om ’n mens te wees.

Dit is nou weer vir my ’n reusevoorr­eg om aan die begin van Huisgenoot se tweede eeu die redakteur te word van hierdie tydskrif wat ek so liefhet.

Dankie aan Henriëtte Loubser, ons briljante uittredend­e redakteur, en Nadia Honiball, ons uittredend­e nuusredakt­eur wat 12 jaar gesorg het dat van ons grootste stories hier gestalte kry.

En aan Huisgenoot se lesers: Ek sien uit daarna om die pad vorentoe saam met julle te stap!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa