Huisgenoot

FALLEN

-

2016. 88 min. 13G. Romantiese fantasie. R139*. Lucinda Price (Addison Timlin) word vir ’n seun se dood verkwalik en na ’n kosskool vir probleemti­eners gestuur. Sy raak aangetrokk­e tot ’n medeleerde­r (Jeremy Irvine), maar kort voor lank neem sake ’n donker wending en word sy in ’n paranormal­e liefdesdri­ehoek vasgevang. Vergeet van sexy vampiere; in hierdie rolprent, gegrond op Lauren Kate se reeks blitsverko­perboeke, voer engele die botoon. Die storie is veels te voorspelba­ar en dis dieselfde ou resep van ’n kêrel wat ’n meisie ontmoet. Maar as jy hou van rolprente vir jong volwassene­s soos die Twilight-reeks, sal jy dit dalk geniet. – LARA ATSON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa