Huisgenoot

60 GOUE JARE

LANCE JAMES

- – JACO HOUGH-COETZEE

Kan jy nou meer! Ná ’n loopbaan van ses dekades het die countryleg­ende Lance James nog geen einde aan hom nie. Daarvan getuig dié nuwe uitreiking van die man wat al meer as 100 albums die lig laat sien het.

Dit is nie ’n versamelin­g van Lance se grootste treffers nie, maar nuwe Afrikaanse en Engelse countrylie­djies deur komponiste soos Rudi Muller, Gerhard Steyn en Steve Hofmeyr.

Elke snit sal countrylie­fhebbers se tone laat krul van lekkerkry, maar die snitte Sestig Goue Jare, Lied van Hoop en Elke Mens staan tog uit. Die titelsnit is Lance se ode aan sy loopbaan, wat reeds in 1957 begin het. Hy som dit so op: Die lewe gaan gou verby, in ’n oomblik vir jou en my / My hart is so bly, daar is vrede in my / Sestig goue jare het verbygegaa­n. ’n Mens sal nooit sê Lance is 78 jaar oud nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa