Huisgenoot

CHARISSA ALBERTYN

-

Romy-Lee se aankoms is nie die enigste groot ontwikkeli­ng diei l laastet rukk i in St Steve se f familieili nie. Sy donkerkopd­ogter, Charissa, het onlangs verloof geraak aan ’n Koreaanse polisieman genaamd Hoen Hee Lee. Hulle is druk besig met trouplanne. Charissa was verbaas toe ons haar in die tyd voor haar halfsussie se geboorte telefonies in die buiteland kontak. “Sjoe, ek kry nooit internasio­nale oproepe nie!” Later skryf sy in ’n e-pos: “Ek is bly daar is nog ’n dogtertjie in die familie, want daar is te veel mans wanneer ons as gesin saamkuier. Eerste van alles is sy bevoorreg om ’n ma en pa te hê om haar groot te maak, en sy gaan baie liefde kry by haa haar boeties. Ek woon aan die ander kant van die wêreld en is ongelukkig te ver.” Charissa se ma, Chantelle Albertyn (née De Bruin) Bruin), is ’n eiendomsag­ent van Faerie Glen, Pretoria. Sy en Peet Albertyn is getroud toe Charissa ses jaar oud was. Hulle het saam nog ’n dogter, Cara (10). “Ek en Cara verskil 18 jaar,” sê Chari Charissa. “Ek is ontsettend lief vir haar. Sy laat my hart smelt, want sy is wys, het ’n sagte hart en bid vir almal.” Vroeër het Charissa in ’n onderhoud met Huisgeno Huisgenoot vertel sy was twee jaar oud toe haar pa vir haar die liedjie Ek Ken Jou Soms skryf. Eers later s sou sy verstaan hoe dit die onsekerhei­d van ’n gewone jong pa oor vaderskap verwoord. Haar hoop vir Romy-Lee is dat s sy haar teen die aanslae van ’n lewe in die kollig sal kan staal. “Ek hoop sy sal ’n dapper meis meisiekind wees, want sy gaan altyd onder ’n mikroskoop geplaas word oor o ons beroemde pa. Maar ek hoop sy steur haar nie daaraan nie. Ek wil vir h haar sê: ‘Onthou wie jy is en maak die beste daarvan!’ Sy het genoeg sekuri sekuriteit en baie boeties om haar moed in te praat. Ek dink sy sal oukei wee wees. Welkom, Romy!’ ”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa