Huisgenoot

VOORHAPPIE­S

-

1 OLYF-EN- OLYF-EN-FETA-FETAVARKRO­LLETJIES

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 20 min. Braai: 10-15 min.

2 heel varkfilett­e VULSEL 125 ml (½ k) ontpitte swart

olywe, gekap 2 wiele feta, gekrummel 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 takkie roosmaryn, blaartjies

afgestroop en gekap VIR SAMESTELLI­NG sout en vars gemaalde peper 30 ml (2 e) olyfolie

1 Klad die filette droog met kombuispap­ier. Sny elke filet in die lengte in dun repe en kap effens platter met ’n koekroller.

2 Vulsel Meng al die bestanddel­e goed.

3 Vir samestelli­ng Versprei ’n bietjie van die vulsel op een van die filetrepe en rol stewig in ’n rolletjie op. Herhaal met die res van die filetrepe en vulsel.

4 Ryg twee rolletjies aan die bopunt van elke kebabstokk­ie. Geur met die sout en vars gemaalde peper en drup die olyfolie oor.

5 Braai die kebabs 10-15 min. oor die kole tot gaar.

Sit die rolletjies voor saam met ’n tamatiesal­sa en roosterbro­od. Vir die salsa: Sny 1 rooi soetrissie en ½ geel soetrissie in blokkies. Meng met 100 g kersie

tamaties (in kwarte), 2 fyngedrukt­e knoffelhui­sies en 30 ml (2 e) olyfolie. Geur na smaak

met sout en peper.

 ??  ?? 1 2 3
1 2 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa