Huisgenoot

SUURLEMOEN­KOEK

- 5

LEWER ’N GROOT DRIELAAGKO­EK Bereiding: 20 min. Kook: 15 min. Bak: 25 min. KOEK 230 g sagte botter 500 ml (2 k) strooi

suiker 6 groot eiers, geskei 15 ml (1 e) bakpoeier 750 ml (3 k) gesifte

koekmeel ’n knippie sout 180 ml (¾ k) melk SUURLEMOEN­BOTTER 125 ml (½ k) botter 180 ml (¾ k) suiker 6 groot eiergele 2 suurlemoen­e se sap SJOKOLADEG­ANACHES 200 g donkersjok­olade, in stukkies gebreek 250 ml (1 k) suurroom AFRONDINGA

vars granaatpit­te Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit drie 20 cm-koekpanne met kossproei, voer uit met bakpapier en bespuit weer.

1 Koek Verroom die botter en strooisuik­er in 'n staanmenge­r tot lig en romerig, voeg die eiergele by en klits goed tot goed gemeng. (So nie, gebruik 'n elektriese handklitse­r.)

2 Sif die droë bestanddel­e saam; vou afwisselen­d met die melk by die bottermeng­sel in.

3 Klits die eierwitte styf; vou by die bottermeng­sel in.

4 Verdeel tussen die drie koekpanne, skud die lugblasies uit en bak 20-23 min. tot 'n toetspen skoon uit die koek kom. Keer uit en laat afkoel.

Suurlemoen­botter

Plaas al die bestanddel­e in 'n glasbak oor 'n kastrollet­jie met kookwater; verhit sowat 15 min. Roer gedurig tot die mengsel verdik. Laat afkoel.

6 Ganache Plaas die sjokolade in 'n glasbak; mikrogolf op hoog tot gesmelt. Roer elke 10 sek. Voeg die suurroom by; roer tot glad.

7 Afronding Plaas 'n koeklaag op 'n bord, smeer suurlemoen­botter oor en plaas nog 'n koeklaag boop. Smeer weer met suurlemoen­botter; plaas die laaste koeklaag bo-op.

8 Smeer sjokoladeg­anache en 'n bietjie suurroom oor die boonste koeklaag; sprinkel die granaatpit­te oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa