EKS WIL WEER PRO­BEER

Huisgenoot - - Raad -

Ek en my eks­kê­rel is uit­me­kaar na­dat hy my ver­kul het met ie­mand by wie hy toe reeds ’n kind ge­had het. Ek het am­per twee jaar lank met my le­we aan­ge­gaan en weer ie­mand ge­kry vir wie ek lief is. Nou wil my eks­kê­rel my weer te­rug­hê. VN, SMS Jou nu­we ver­hou­ding be­hoort nou vir jou die be­lang­rik­ste te wees. Moe­nie die pyn ver­geet wat jy deur­ge­maak het toe jou ver­hou- ding met jou eks ver­breek is nie. As jy daar­aan dink en nie net die goeie her­in­ne­rings ont­hou nie, sal die keuse van­self­spre­kend word.

Dik­wels is ’n eks net ont­steld om­dat jy nie met ope arms op sy te­rug­keer ge­wag het nie. Hy ver­lang dalk ook na die ge­mak­so­ne van ’n eer­tyd­se ver­hou­ding. Heel moont­lik wil hy weens ja­loe­sie keer dat jy ge­luk­kig is in ’n nu­we ver­hou­ding.

Hy kan om dui­send ver­skil­len­de re­des wil te­rug­kom, maar nie een daar­van is gel­dig ge­noeg om toe te laat dat hy weer jou le­we ont­wrig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.