Huisgenoot

SPINNEKOP- EN INSEKBYT

-

Ons almal reageer verskillen­d wanneer goggas soos vlooie, muskiete en luise ons byt. Dit kan wissel van ’n ligte irritasie tot ’n mediese noodgeval. Muskiete kan byvoorbeel­d malaria oordra. Wanneer iemand ’n hewige reaksie het en sukkel om asem te haal, soos ná ’n bysteek of ander insekaanva­l, kan jy die persoon help om sy medisyne (antihistam­ien) te neem.

Jy moet die angel en gifsakkie uit die

vel probeer skraap. Moenie dit met jou vingers of ’n haartanget­jie druk nie, want jy kan so nog gif in die beseerde persoon se bloedstroo­m laat beland.

Ná ’n spinnekopb­yt kan jy die bytplek skoonmaak en ’n yspak gebruik om die pyn te verdoof. Hou die liggaamsde­el laer

as die hart om die gif se verspreidi­ng te verlangsaa­m. Kry mediese hulp, veral as spierkramp­e begin.

 ??  ?? ’N BY SE ANGEL EN GIFSAKKIE
’N BY SE ANGEL EN GIFSAKKIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa