Huisgenoot

MELINDA BAM

-

As jy net drie items na ’n verlate eiland mag neem, wat sal dit wees?

Sonskerm, ’n boot (met ’n GPS) vol brandstof en ’n satellietf­oon.

Waarna sien jy die meeste uit van Tropika Island of Treasure?

Ek sien uit na die uitdagings. Ek geniet dit om myself aan die diepkant in te gooi, nuwe ervarings te beleef en vaardighed­e te ontwikkel. Die feit dat die kompetisie vanjaar op my gunsteling­plek ter wêreld plaasvind, help beslis.

Is daar iets waarna jy nie uitsien nie?

Net om drie weke weg te wees van my man, Adriaan (die voormalige Mnr. SuidAfrika ADRIAAN BERGH). As ek kon, het ek hom in my tassie gepak.

Waarna soek jy in ’n spanmaat?

Ek is op soek na iemand wat slim, taai en ’n gatskop-swemmer is met goeie spangees. My loopbaan gaan tot dusver grootliks oor die bemagtigin­g van vroue; daarom sal ek graag ’n vrouespan wil hê. Maar dit sal beteken my spanmaat moet kans sien om potensieel teen twee mans mee te ding en vasbeslote wees om saam met my deur te druk.

Hoe berei jy voor vir die kompetisie?

Ek oefen en probeer om ’n bietjie fikser en sterker as gewoonlik te wees. Ek besef ook baie van die uitdagings is nie net fisiek nie, maar dink my vaardighei­d vir probleemop­lossing is reeds goed.

Waarom het jy dalk ’n kans om te wen?

Ek dink ek is ’n allrounder. Ek is fiks, betreklik sterk en nie bang vir ’n uitdaging nie. Ek het uithouverm­oë en sal deurdruk. Verstandel­ike behendighe­id is een van my sterk punte en dit sal help met die strategies­e uitdagings waar probleme opgelos moet word.

Jy was al twee keer tevore op die Maledive-eilande. Hoe voel dit vir jou om virr ’n heel ander rede terug te keer?

Dis baie opwindend. Ek weet darem wat om te verwag en hoe die weer is. Die hitte en humiditeit is die soort weer waarin ek gewoonlik so min moontlik wil doen. Maar my kop is reg, al beteken dit my grimering sweet af en my hare kroes – deurdruk sal ek beslis!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa