Han­non oor af­skil­fe­ring

Die ge­wil­de voor­koms­kon­sul­tant ver­dui­de­lik che­mie­se af­skil­fe­ring

Huisgenoot - - Inhoud - VER­NU­WE JOU VEL SO

WAT p­re­sies is ’n che­mie­se af­skil­fe­ring vir jou vel, waar­voor help dit, wie doen dit, is dit seer, hoe lank is die her­stel­tyd­perk en moet jy jou vel­sorg ver­an­der na­dat jy so ’n in­gry­pen­de vel­sorg­be­han­de­ling ge­had het? Hier is die ant­woor­de.

WAN­NEER SAL DIT VIR JOU WERK?

Wan­neer ’n mens ver­ou­der, sien jy daag­liks hoe son­ska­de soos pig­men­ta­sie, sproe­te, fyn plooi­tjies en vel­grof­heid meer sig­baar word.

Ge­luk­kig is die vel ’n le­wen­de or­gaan wat hom kan her­nu­we, maar dan moet dit doel­tref­fend en ge­kon­tro­leerd ge­ma­ni­pu­leer word.

Met ’n che­mie­se af­skil­fe­ring g kan jy as’t wa­re die ou­der­dom­simp­to­me op jou vel af­skil­fer en dit kans

gee om in ’n taam­lik kort tyd ’n paar jaar jon­ger te lyk.

On­ge­luk­kig kan ’n che­mie­se af­skil­fe­ring niks doen aan ver­gro­te po­rieë en rooi aar­tjies nie.

Dit kan wel ak­neelet­sels ef­fens ver­sag, maar ook nie heel­te­mal uit­wis nie.

SOOR­TE CHE­MIE­SE AFSKILFERAARS

Hoe die­per die be­paal­de suur­be­han­de­ling g die vel kan bin­ne­dring, hoe be be­ter sal die eind­re­sul­taat wee wees. Ma­ti­ge af­skil­fer afskilferaars wat ’n bie­tjie die­per kan b bin­ne­dring, kan net deur ’n opg op­ge­lei­de skoon­heids­te­ra­pe skoon­heids­te­ra­peut aan­ge­wend word. Die be­han­de­ling voel ef­fens bran­de­rig en jou v vel sal waar­skyn­lik nog ’ ’n paar uur daar­na rooi en ge­swel wees. Ná drie dae s sal dit ef­fens be­gin af­dop en sal jy sien hoe die nu­we, jon­ger vel be­gin deur­ske­me deur­ske­mer. En ná ’n wee week sal dit prag­tig lyk. ’n Diep af­sk af­skil­fe­ring mag net deur ’nme’n me­die­se dok- ter ge­doen word, want die suur­be­han­de­ling dring deur tot in die der­mis en wis al­le te­kens van son­ska­de uit.

Jou vel kry as’t wa­re die ge­leent­heid om van voor af te be­gin re­ge­ne­reer.

Dié pro­se­du­re is pyn­lik en som­mi­ge dok­ters sal die vel en pa­si­ënt voor­af ef­fens ver­doof.

Die her­stel­tyd van die vel is on­ge­veer twee we­ke waar jou vel eers don­ker be­gin ver­kleur en dan be­gin af­skil­fer. Daar­na het jy weer ’n jong vel.

OPPERVLAKKIGE AF­SKIL­FE­RING

As ’n mens nie ge­reed is vir ’n che­mie­se af­skil­fe­ring nie, kan jy self by die huis een of twee keer per week ’n en­siem­af­skil- fe­ring doen wat oppervlakkige pig­men­ta­sie en fyn plooi­tjies be­heer.

Jy kan so ’n en­siem­af­skil­fe­raar by jou skoon­heid­sa­lon koop.

Doen dit ge­reeld en jy sal nooit e­ni­ge van die die­per afskilferaars no­dig kry nie.

Ná e­ni­ge che­mie­se of en­siem­af­skil­fe­ring is die vel se be­sker­men­de bo­laag ver­wy­der. Vir die res van jou le­we moet jy dan daag­liks vog­room ge­bruik met ’n son­blok­room wat ’n son­be­sker­mings­fak­tor van 30 het, an­ders is hi­per­pig­men­ta­sie jou voor­land.

Met ’n nu­we vel het jy as’t wa­re ’n twee­de kans om dit be­ter te ver­sorg; be­gin dus on­mid­del­lik met ’n goeie daag­lik­se vel­sor­groe­ti­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.