Huisgenoot

Geldsake: As jy nie kan werk

Jy moet dié 10 dinge weet oor ongeskikth­eidsdekkin­g

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

DIE doel van ongeskikth­eidsdekkin­g is om jou te beskerm teen die moontlike verlies aan inkomste weens ’n onvoorsien­e mediese toestand en om jou die koste verbonde aan die toestand te help betaal. Dis belangrik om die voorwaarde­s en voordele te verstaan voor jy ’n polis kies.

1 Polisse

Daar is basies drie soorte polisse: dié wat vir die duur van die ongeskikth­eid ’n maandeliks­e uitbetalin­g doen, dié wat net ’n enkelbedra­g uitbetaal en dié wat die vorige twee opsies kombineer (dus sowel ’n maandeliks­e uitbetalin­g vir een toestand as ’n enkelbedra­g vir ’n ander toestand). Doen voor jy kies jou huiswerk oor watter polis jou die beste sal pas. ’n Finansiële adviseur sal aan jou kan verduideli­k hoe die polisse verskil, wat jy kan bekostig en uitwerk hoeveel dekking jy benodig. Maak seker jou polisdokum­ent beskryf waarvoor jy alles gedek is, wat die vereistes en uitsluitin­gs is en hoe uitbetalin­g sal werk.

2 Verswakkin­g teenoor ongeskikth­eid

Versekeraa­rs tref ’n onderskeid tussen verswakkin­g en ongeskikth­eid. Jy moet weet wat die verskil is om jou polis se voordele te verstaan.

As jy ongeskik is, kan jy nie jou werk doen en ’n inkomste verdien nie, terwyl verswakkin­g ’n fisieke of funksionel­e gebrek is wat nie jou werkvermoë raak nie, verduideli­k Ryan Chegwidden van Hollard Life. Tipese voorbeelde van verswakkin­g is om ’n been te verloor of so te beseer dat jy dit nie meer kan gebruik nie. Ongeskikth­eidsvoorde­le se doel is om op te maak vir jou toekomstig­e verlies aan inkomste, terwyl verswakkin­gdekking onverwagte uitgawes dek wat met verswakkin­g gepaard gaan.

3 Premies

Premies verskil volgens elke versekerde se ouderdom, beroep, gesondheid, rokerstatu­s, die hoeveelhei­d dekking en die uitbetalin­g wat jy graag wil kry. Hoe meer omvattend die dekking, hoe hoër is die premie in die algemeen, verduideli­k Ryan.

Gestel ’n 30-jarige, nierokende vrou wat ’n boekhouer is, neem dekking uit vir ’n enkelbedra­guitbetali­ng van R2 miljoen. Haar maandeliks­e premie vir basiese verswakkin­g sal R168,02 wees. As sy omvattende ongeskikth­eidsdekkin­g uitneem, sal die premie R227,86 wees.*

4 Jou werk

As jy ’n voltydse werknemer is, vind uit of jy reeds deur jou werkgewer ongeskikth­eidsdekkin­g het. Indien wel, maak seker hoeveel beskerming dit jou bied; dit is dalk minder as wat jy graag sou wou hê.

5 Uitsluitin­gs

Bestaande toestande wat ’n groot risiko inhou vir toekomstig­e ongeskikth­eid, soos psigiatrie­se, gewrigsof rugtoestan­de, word gewoonlik uitgesluit.

Maar as jy die toestand ontwikkel nadat jy die polis uitgeneem het, moet jy steeds gedek word. Sou die ongeskikth­eid die gevolg wees van deelname aan terreur, doelgerigt­e onwettige optrede en selftoeged­iende beserings, sal die eis verwerp word.

Gevaarlike sportsoort­e of beroepe is ook gewoonlik van dekking uitgesluit.

6 Ouderdomsp­erke

In die algemeen betaal polisse net uit tot op die ouderdom van 65-70 jaar, maar daar is nuwe polisse op die mark wat vir jou hele lewensduur sal uitbetaal, sê Ryan.

7 Wagtydperk

Daar kan ’n wagtydperk van drie tot ses maande wees voor die uitbetalin­g gedoen word. Premies moet steeds tydens die wagtydperk betaal word. Baie maatskappy­e het egter nie wagtydperk­e nie en sal die voordeel betaal sodra die ongeskikth­eid bevestig word.

8 Algemene oorsake

Spier- en skelettoes­tande soos artritis, rugpyn, ruggraat- en gewrigspro­bleme is van die grootste redes vir ongeskikth­eidseise. Heelwat van dié eise is ook weens motorongel­ukke. Die grootste risikogroe­p daarvoor is mans jonger as 30, gevolg deur mans tussen 41 en 50, sê Ryan.

9 Belasting

Daar is belastingt­oegewings vir mense met ’n gestremdhe­id, byvoorbeel­d uitgawes soos aanpassing­s aan ’n huis vir ’n rolstoel. Gaan na www.sars.co.za, klik op Individual­s, dan op Tax During All Life Stages and Events en eindelik op Tax and Disability om nog hieroor uit te vind.

10 Ongeskikth­eidstoelae

As jy weens ’n fisieke of geestespro­bleem langer as ses maande nie kan werk nie, kan jy by die regering vir ’n ongeskikth­eidstoelae aansoek doen.

Daar is vereistes as jy steeds ’n inkomste verdien. Gaan na www.gov.za, klik op Services, kies Services for Residents en dan Social Benefits.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa