Kom ons gee me­kaar die ge­skenk van re­spek

Huisgenoot - - Gesels Saam -

DISiets wat my keer op keer op­val: “Re­spek” is so ’n klein woord­jie, maar dit het ’n al­le­min­ti­ge waar­de.

Nie een van ons is te be­lang­rik om ie­mand an­ders met re­spek te be­han­del nie. So­doen­de er­ken jy ook an­der se mens­waar­dig­heid. Goed­har­tig­heid strek ver­der as ar­ro­gan­sie.

En as an­der men­se jou son­der re­spek be­han­del? Moe­nie tot hul vlak daal nie. As hul­le so op­tree, ont­breek iets in hul eie le­we.

Dit gaan nie oor jou nie. Dit is hul­le

wat ’n harts­ver­an­de­ring moet on­der­gaan, nie jy nie. Hul hart moet ver­sag word.

Die By­bel stel dit so in E­se­gi­ël 36:26: Ek sal jul­le ’n nu­we hart en ’n nu­we gees gee, Ek sal die klip­hart uit jul­le lig­gaam uit­haal en jul­le ’n hart van vleis gee.

Kom ons ver­geet van al die on­reg­ver­di­ge be­han­de­ling en fo­kus op die po­si­tie­we. Jy kan slegs jou le­we ver­an­der as jy jou hou­ding en hart ver­an­der.

PRO-RE­SPEK, BLOEM­FON­TEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.