V­reug­de­vu­re brand op Boer-troue

S­trooi­ba­le, ’n skuur en reg­te ‘boe­re­kos’ was deel van boer Hen­nie en sy Jacobu se groot dag op sy fa­mi­lie­plaas

Huisgenoot - - Inhoud - Deur CHARLEA SIEBERHAGEN- G­REY Fo­to’s: LYNELLE PIE­NAAR (Blaai om)

HY KAN net nie stil­staan ter­wyl hy vir sy bruid wag nie. El­ke keer dat die don­ker­kop­boer ’n gas sien wat hy wil groet, stap hy eers na­der om hand te skud. Af­wag­ting en vro­lik­heid hang in die lug; die bly­moe­di­ge ge­gons van ’n reg­te boe­re­brui­lof. Dan gaan staan Hen­nie L­öt­ter (27) weer op sy plek voor in die win­kel­ver­trek van ’n ou trein­sta­sie­ge­bou op sy fa­mi­lie­plaas bui­te Wil­low­mo­re in die Oos-Kaap. Hy vou sy han­de voor hom en kyk af. Net sy lin­ker­knie, wat as­of op die maat van mu­siek vo­ren­toe en ag­ter­toe be­weeg, ver­klap die brui­de­gom is glad nie so kalm soos hy lyk nie.

Die klas­sie­ke klan­ke van die tref­fer The Mu­sic of the Nig­ht uit die mu­siek­bly­spel The P­hantom of the O­pe­ra vul die klein wit ver­trek wat in ’n trou­lo­kaal om­skep is. ’n Rooi­ta­pyt strek van die in­gang tot voor by ’n boog wat met bloe­kom­bla­re en pro­te­as ver­sier is.

Aan weers­kan­te van die mat sit die gas­te op s­trooi­ba­le. Plek-plek brand wit ker­se op die ven­ster­ban­ke.

Een van die e­re­gas­te is Hen­nie se wit w­he­a­ten­ter­ri­ër, Trom­pie. Ge­woon­lik is die hond­jie pal aan dié jong boer en gas­te­huis­ei­e­naar se sy, maar van­dag is hy stem­mig aan ’n lei­band by fa­mi­lie­le­de.

Ter­wyl al­mal wag, sluk Hen­nie – uit­ge­vat in ’n blou pak, wit hemp en leer­strik­das – hard en kyk op sy hor­lo­sie. Sy bruid is al by­na ’n kwar­tier laat.

Dan word die groen deu­re van die sta­sie­ge­bou toe­ge­maak waar Hen­nie en sy bruid van­dag trou aan me­kaar gaan be­loof. Ro­man­tie­se kla­vier­klan­ke klink op uit die luid­spre­kers en die deu­re gaan weer oop.

Sy ver­skyn: die 23-ja­ri­ge don­ker­kopon­der­wy­se­res Jacobu Mul­ler, die vrou vir wie Hen­nie (let­ter­lik by die trap af) ge­val het toe hy haar uit­vra na­dat hul­le me­kaar ty­dens die ver­fil­ming van die ge­wil­de kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou ont­moet het.

Jacobu slaan al­mal se a­sem weg ter­wyl sy saam met haar pa, Ba­sie, in die paad­jie af­stap. Met haar ha­re in sag­te krul­le van haar ge­sig weg­ge­kam, lyk sy soos ’n prin­ses in haar spier­wit trou­rok

uit ’n bruids­boe­tiek in Ge­or­ge. Die bo­stuk vol kra­le­werk blink ef­fens en die sag­te romp sleep gra­si­eus oor die vloer.

’n Reu­seglim­lag sprei oor Hen­nie se ge­sig ter­wyl sy beeld­sko­ne bruid ál na­der stap. Sy groet haar pa met ’n soen en druk­kie. Toe sy langs haar brui­de­gom gaan staan, word die oom­blik vir al­bei te groot. Toe die tra­ne kom, deel hul­le ’n sne­sie. Dan kyk hul­le ef­fens ska­me­rig vir me­kaar en lag.

Ein­de­lik is die trou­dag hier.

DIE vo­ri­ge aand word die v­reug­de­vu­re al aan­ge­steek vir ’n vleis­braai op die plaas vir die gas­te, wat selfs van P­re­to­ria en V­re­den­dal af ge­kom het. “Ons het som­mer t­wee ska­pe ge­slag vir die ge­leent­heid,” ver­tel Hen­nie ter­wyl die son sak.

Soos by ’n mu­siek­fees staan 50 ten­te op­ge­slaan in rye ag­ter die sta­sie­ge­bou waar hul­le gaan trou. So­wat 100 gas­te kam­peer die na­week daar; an­der slaap by fa­mi­lie­le­de of in jag­ters­hui­sies op die plaas.

Op 3 Ju­nie, ’n koue win­ter­og­gend, het Hen­nie en Jacobu op S­koor­steen­berg bui­te Wil­low­mo­re ver­loof ge­raak na­dat hul­le me­kaar ver­le­de jaar ty­dens die ver­fil­ming van Boer Soek ’n Vrou ont­moet het. Jacobu het aan­vank­lik aan ’n an­der deel­ne­mer, boer Ar­no, ge­skryf, maar reeds teen die tyd dat hul­le t­wee die deel­ne­mers se re­ü­nie aan die ein­de van die reeks by­ge­woon het, het hul­le al be­sluit om net vrien­de te wees.

Hen­nie het al­leen op­ge­daag na­dat al drie vroue wat hy plaas toe ge­nooi het in­tus­sen ’n an­der kê­rel ge­kry het.

Hen­nie en Jacobu het daar­die dag ag­ter die skerms be­gin ge­sels. Ná oor-en- weer-kui­ers tus­sen S­tel­len­bosch, waar Jacobu toe ’n on­der­wys­stu­dent was, haar ou­er­huis op Ri­vers­dal en Wil­low­mo­re, waar Hen­nie boer, het hul­le in Ja­nu­a­rie ky­kers van die kykNET-reeks ver­ras toe hul­le aan­kon­dig hul­le is amp­te­lik ’n paar­tjie. ’n Lang­af­stand­ver­hou­ding met kui­ers oor na­we­ke en skool­va­kan­sies was se­dert­dien hul voor­land.

Ein­de Sep­tem­ber het Jacobu van So­mer­set-Wes, waar sy tot on­langs aan ’n la­er­skool on­der­wys ge­gee het, sak en pak Wil­low­mo­re toe ge­trek.

“Om hier­heen te kom was nog maar toe ek hier be­gin uit­pak, vang dit my ’n bie­tjie. Ek t­rek ver van al­mal, my vrien­din­ne en my ou­ers, weg. Toe be­gin die werk­lik­heid in­sink,” ver­tel Jacobu erns­tig.

Toe die tra­ne kom, deel hul­le ’n sne­sie. Dan kyk hul­le ef­fens ska­me­rig vir me­kaar en lag

(Van vo­ri­ge blad­sy)

HEEL LINKS: Die pad kan­sel toe. LINKS: Ds. Han­nes Maas­dorp lei die diens. BO: ’n Eer­ste soen as man en vrou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.