Boer Jan ver­tel van eg­skei­ding

Boer Jan en Glou­dien is ná ’n storm­ag­ti­ge hu­we­lik van drie jaar ge­skei, en ter­wyl sy nog die stuk­ke op­tel, het hy ’n nu­we liefde

Huisgenoot - - Inhoud - Deur PIE­TER VAN ZYL

VAN bui­te lyk die o­lyf­groen op­stal nog die­self­de hier op die see­plaas na­by Lam­berts­baai aan die Wes­kus. Ook bin­ne sien ’n mens steeds die in­spi­re­ren­de bood­skap­pies in swart sier­let­ters teen die muur: “The lo­ve of a fa­mi­ly is li­fe’s gre­a­test bles­sing,” en: “To­get­her we ma­ke a fa­mi­ly.”

Dis al­les her­in­ne­rings aan die hu­we­liks­le­we van Boer Soek ’n Vrou se boer Jan Nieu­woudt en sy Glou­dien (ge­bo­re A­gen­bag).

Tog merk jy da­de­lik op iets is an­ders: Die huis, ver­al die voor­ka­mer, is le­ër as met Huisgenoot se vo­ri­ge kui­er hier am­per t­wee jaar ge­le­de. Glou­dien se meu­bels is weg. Ná ’n storm­ag­ti­ge hu­we­lik van drie jaar is Jan (56) en Glou­dien (47) se eg­skei­ding op 14 Au­gus­tus in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad vol­trek.

Dalk sal baie men­se glad nie ver­baas wees nie. Jan het im­mers al ty­dens die des­tyd­se uit­sen­ding van Boer Soek ’n Vrou die wenk­broue laat lig en reeds met hul troue kort daar­na kwet­sen­de woor­de oor Glou­dien kwyt­ge­raak.

Maar waar ons Glou­dien per te­le­foon op Blou­puts in die Noord-Kaap op­spoor, huil sy soms so, sy kan skaars praat. Sy woon se­dert 5 Ju­lie op Ka­ka­mas en het, “deur die He­re se ge­na­de”, werk by ’n drui­we-uit­voer­maat­skap­py op Blou­puts ge­kry.

“Ek het baie deur­ge­maak die af­ge­lo­pe vier jaar,” ver­tel Glou­dien. “Ek is e­mo­si­o­neel in my moer.

“Ek pro­beer co­pe. Ek het ge­luk­kig my

men­se om my wat my steun,” sê sy snik­kend.

Dit klink as­of die ba­klei­e­ry en Jan se kri­tiek vir haar net te veel ge­word het.

“Ek wil hom nie swart­smeer nie. Men­se ver­staan nie al­dag hy be­doel nie al­les wat hy sê le­lik nie. Maar ek wil ook nie in die o­pen­baar ver­ne­der word nie.

“Wan­neer ek nou te­rug­dink, be­sef ek men­se het my van die be­gin af ge­waar­sku. Ek is ’n ple­a­ser en laat men­se oor my loop.

JAN is ge­woon­lik vol grap­pies, maar waar hy van­dag op die plaas by Lam­berts­baai be­sig is, is ’ n erns in sy stem.

“Glou­dien is ’n prag­ti­ge mens en ek is nog lief vir haar,” sê hy. “Maar ons het net te veel baklei. Dis ons al­bei se skuld.” Nie­tig­he­de soos sy sand­voe­te in die huis of sy wat glo in sy kos­pot­te krap en sout by­gooi, was soos klip­pies in ’n skoen.

Die t­wee was een van die op­spraak­wek­kend­ste paar­tjies wat kykNET se maat­soek­reeks Boer Soek ’n Vrou op­ge­le­wer het. Jan was vyf jaar ge­le­de te­ge­ly­ker­tyd die ge­wild­ste en mees ge­ha­te boer in die ses­de sei­soen.

“My mond laat my baie in die moei­lik­heid be­land, maar men­se neem my te erns­tig op,” ver­tel hy.

Ky­kers was ver­al ont­sto­ke ná ’n afle­we­ring des­tyds toe Glou­dien en nog t­wee vroue op die vrug­te-groen­te-en-pluim­vee­plaas in die dis­trik Ce­res ge­kui­er het, waar Jan toe be­stuur­der was. Jan het die vroue die le­vie­te voor­ge­lees oor on­der meer hoe hul­le krag in die op­stal moet be­spaar: “Moe­nie die haar­dro­ër aan­ska­kel nie, want ek gaan jou vloek,” het hy voor die ka­me­ras laat hoor.

“Nou nog sal men­se my vra: ‘Het jy da­rem nou al ’n kragopwekker vir die stort en die haar­dro­ër?’ Ek steur my nie aan die men­se nie. Een­keer het ons met ’n ly­sie vir krui­de­niers­wa­re na C­hec­kers op V­re­den­dal ge­gaan. En toe ek Glou­dien aan­vat oor die ek­stra goed in die trol­lie, kom raas ’n tan­nie tus­sen die rak­ke met my: ‘Is jy al weer die on­be­skof­te Jan?’ ”

Al het men­se haar vroeg al teen hom ge­waar­sku, het Glou­dien en Jan op 1 Au­gus­tus 2013 ver­loof ge­raak kort na­dat hul sei­soen van die TV-reeks uit­ge­saai is.

Hul­le het t­wee keer ge­trou: eers in ’n in­for­me­le se­re­mo­nie op 10 Sep­tem­ber 2014 op die Ra­me­la Ranch by die Lo­skop­dam na­by Gro­blers­dal in Lim­po­po en se­we maan­de la­ter in ’n klip­ker­kie by die Dik­we­na Lod­ge, waar hul­le ’n “be­hoor­li­ke” troue ge­had het. Toe het hul­le al er­ken hul­le baklei te veel en al­les is nie maan­skyn en rose nie.

Ver­le­de jaar het Glou­dien ook uit die huis ge­trek om ’n maand en ’n half in ’n woon­stel op Lam­berts­baai te gaan bly so­dat sy oor die hu­we­lik kon her­be­sin. Maar teen Ju­lie 2016 het sy weer by Jan in­ge­trek.

“Dit gaan goed,” het Glou­dien des­tyds op Facebook ge­skryf. “Ons hou nog kop bo wa­ter hier op Lam­berts­baai.”

Maar hier­die keer lyk dit as­of die koe­ël deur die kerk is. “Ons is nog al­tyd lief vir me­kaar,” sê Jan.

“Maar Glou­dien het ge­voel sy moet heel­tyd vir die hu­we­lik baklei. Ek het my la­ter ont­trek.”

IN­TUS­SEN is daar ook ’n nu­we nooi in Jan se le­we, maar sy is baie be­slis daar­oor dat sy uit die kol­lig wil bly. Jan ken dié vrou, van ’n dor­pie na­by Lam­berts­baai, al ja­re lank.

Maar hy sê sy het nie ’n rol in die ver­brok­ke­ling van sy hu­we­lik ge­speel nie; hy het eers met haar be­gin uit­gaan t­wee maan­de na­dat hy en Glou­dien uit­me­kaar is.

“Daar was nie ’n an­der vrou be­trok­ke by ons eg­skei­ding nie,” sê Jan be­slis.

Die eg­skei­ding was nie al ver­lies wat hy die laas­te ruk er­vaar het nie. Hy het ook sy ge­troue hon­de­maat van 14 jaar ver­loor.

“Clo­ver lê daar an­der­kant on­der die se­ring­boom be­gra­we,” ver­tel hy hart­seer.

Die Jack Rus­sel­l­tjie was al­tyd o­ral saam met hom en het selfs op die mo­tor­fiets saam met hom die plaas ver­ken. Sy is in Maart ver­le­de jaar op die nu­we teer­pad tus­sen die plaas en die strand­re­stau­rant Muis­bos­skerm dood­ge­ry.

In No­vem­ber het hy ge­hoor van Debbie, die groot grys hond wat ’n vrou op die dorp son­der kos en wa­ter in haar jaart ge­los het toe sy oor­see t­rek. “Sy is nou my nu­we ska­du­wee,” ver­tel Jan.

SY MIS die plaas, ver­tel Glou­dien oor die foon. “Ek is mal oor die see. Ek is ’n see­mens. Ek mis my huis daar.”

Dit sal ’n he­le ruk duur tot sy weer ie­mand na­by haar sal toe­laat. “Dis baie moei­lik om aan te gaan, maar my fa­mi­lie hou my staan­de.”

Nou­dat ’ n gelukkige ein­de vir hul ver­haal fi­naal van die baan is, won­der ’n mens: Is hul­le spyt hul­le het aan die TV-reeks Boer Soek ’n Vrou deel­ge­neem?

Nee, sê Jan. “Dit was ’n moer­se on­der­vin­ding. Dit het my ook laat be­sef my bek laat my taam­lik baie pak slae kry.”

Glou­dien voel ook sy het baie uit die er­va­ring ge­leer – soos om vir haar­self op te staan.

In­tus­sen gaan die le­we voort. T­wee we­ke ge­le­de het Jan en sy wer­kers die moe­re op die lan­de­rye be­gin plant. Die reu­se­skuur op die plaas staan vol ge­pak met mil­joe­ne ran­de se moe­re wat aar­tap­pel­plan­te sal word.

Jan ver­tel hy is nie eint­lik lief vir die om­ge­wing hier aan die Wes­kus nie. “Ek is ’n seun van Clan­wil­li­am en mis my Ka­roo­plaas.”

Maar met die nu­we hond wat om sy hak­ke rond­draf en ’n nu­we vrou in sy hart, hoop hy ge­luk wag da­rem vo­ren­toe op hom.

Een­kant op die plaas word die grond nat­ge­spuit om dit op die aar­tap­pel­moe­re voor te be­rei.

Klein re­ën­bo­gies speel in die sproei­wa­ter – en om Jan se ont­hal­we kan ’n mens net hoop dis kleur­ry­ke bood­skap­pies van hoop.

‘Dit het my ook laat be­sef my bek laat my taam­lik baie pak slae kry’

HOOFFOTO: Op sy eie vir eers. Boer Soek ’n Vrou se Jan Nieu­woudt woon tot tyd en wyl al­leen op die plaas na­by Lam­berts­baai na­dat hy en Glou­dien A­gen­bag ná by­na drie jaar ge­skei is. LINKS: Hul­le is op 10 Sep­tem­ber 2014 ty­dens ’n in­for­me­le se­re­mo­nie in Lim­po­po ge­troud en la­ter ty­dens ’n meer for­me­le se­re­mo­nie in die­self­de pro­vin­sie.

Jan en sy nu­we reg­ter­hand, die weg­gooi­hond Debbie. Sy het troos ge­bring na­dat sy ge­lief­de Jack Rus­sell, Clo­ver, dood is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.