Gru-aan­val laat man berg ge­wig af­skud

Hy is nog nie klaar ge­wig ver­loor nie, sê AJ, wat ná ’n mis­daad sy eie sterf­lik­heid be­sef en die vet laat weg­smelt het. Maar hoe het hy dit reg­ge­kry?

Huisgenoot - - Inhoud - Deur MARLISE SCHEEPERS

DIE lamp­pa­le op sy tuis­dorp was sy eer­ste myl­pa­le. “Ek het be­gin stap. Eers het ek van my huis af tot by die lamp­paal in die straat ge­st ge­stap. Die vol­gen­de dag het ek na die t twee­de lamp­paal ge­stap. Ek was amp am­per dood.”

So ver­tel AJ van der Walt, die merk merk­waar­di­ge jong man van Harts­wa­te wa­ter in die Noord-Kaap wat se­dert Ju­nie 2014 ’n al­le­min­ti­ge 139 kg ver­loor h het. Dié ei­en­doms­a­gent (33) het toe 28228 kg ge­weeg, maar laat die skaal nou opo 143 kg staan.

Hoe op aar­de het hy dit reg­ge­kry? Luis­terL it ’ ’n mens so na hom, be­sef jy sy suk­ses is dank­sy ’n on­wrik­baar po­si­tie­we ge­sind­heid: “Ek glo s­leg­te din­ge is juis die re­de dat ’n mens po­si­tief moet wees,” ver­tel hy. “Uit al­les wat sleg is, moet iets goeds voort­vloei.”

AJ sê hy is be­slis nog nie klaar met ge­wig ver­loor nie en glo sy lyf sal hom sê wan­neer hy sy i­de­a­le ge­wig be­reik het. “Ek skat dit sal hier by 100 kg wees.”

Hy draf en oe­fen nou ge­reeld in die gim en wil vol­gen­de jaar aan die Com­ra­des deel­neem. Hy het ook ’n blog be­gin waar men­se wat met hul ge­wig wor­stel me­kaar kan on­der­steun en selfs die eet­pro­gram volg wat hy vir hom­self uit­ge­werk het. Dis ge­grond op die ban­ting­di­eet wat dank­sy dr. Tim No­a­kes be­kend ge­raak het. “Ek le­wer ook mo­ti­ve­ringsngs­praat­jies. Ek doen nou al­les,” ver­tel hy y en glim­lag van oor tot oor. “Maar dit was nie mak­lik nie,” er­ken hy.

’NGRUWELIKE mis­daad het AJ laat be­sluit om sy le­weewe en eet­ge­woon­tes te ver­an­der. Hy ver­tel hoe e hy een Son­dag in 2014 ná kerk af­ge­kom het opp ’n’ n man wat met ’n ha­mer dood­ge­slaan is.

“My ou­ma San van Zyl woon inn ’n’ n woon­stel op my erf. Haar vrien­de het ge­sê hul­le gaan die dag kerk toe, maar toe hul­le nie daar is nie, het ons hul­le ge­soek en op die gru­to­neel af­ge­kom.”

’n Ro­wer het die be­jaar­de eg­paar aan­ge­val. Die man is met ’n ha­mer ver­moor oor en die vrou met ’n mes ge­steek. Sy het oor­leef. Toe AJ en sy ou­ma aan die voor­oor­deur klop, was daar geen ant­woord nie.

Hy ver­tel: “Toe ek die nood­kre­te van my ou­ma se vrien­din uit die bad­ka­mer mer

hoor, het ek ge­weet iets skort. Ek het die voor­deur af­ge­breek en my ba­lans ver­loor. Ek het saam met die deur langs die oom se lyk op die vloer ge­val. Ter­wyl ek ge­suk­kel het om op te staan, het ek diep on­der die in­druk van my sterf­lik­heid ge­kom.”

Nie­mand is nog weens die moord en aan­val in heg­te­nis ge­neem nie.

“Ek het dié dag be­sluit ek moet ’n plan maak. Skie­lik het ek be­sef hoe kort en ver­gank­lik die le­we is,” ver­tel AJ.

“Die vol­gen­de dag is ek na my huis­dok­ter, wat voor­ge­stel het ek be­proef die ban­ting­di­eet,” ver­tel hy.

“Ek het vroe­ër net lek­ker ge­leef en nie om­ge­gee wat ek eet en drink nie. Dit is mos ’n re­sep vir ’n ge­mors.”

AJ het vroe­ër van weg­neem­e­tes, pas­teie, ham­bur­gers en gas­koel­drank ge­leef. Op par­ty­tjies was hy lief vir e­ner­gie­dran­kies met ’n skeut wod­ka.

“Ek is eint­lik baie ge­luk­kig, want ek het geen ne­we-ef­fek­te van al die ek­stra ge­wig oor­ge­hou nie: Ek is nie ’n di­a­beet nie en my bloed­druk is nor­maal.”

In die eer­ste jaar het hy 80 kg af­ge­skud. “Dit is toe dat ek be­gin oe­fen. Ek was vroe­ër te swaar en kon nie reg­tig be­weeg nie, maar ná die eer­ste 80 kg kon ek mak­li­ker be­weeg.”

Na­dat hy tot by meer as 200 lamp­pa­le op Harts­wa­ter ge­vor­der het, kon hy op ’n dag reg rond­om die dorp stap. “Weet jy wat­ter pres­ta­sie dit was?”

Maar dit het nie by die stap­pe­ry ge­bly nie. “Ek het be­gin gim, ry fiets, swem en draf.”

Sy eer­ste pad­wed­loop was een van 10 km in Kim­ber­ley. “Dit was op 6 No­vem­ber 2015 en daar­na het nog een ge­volg, en toe nog,” ver­tel hy. “Ek het die eer­ste een maar so ge­draf en dan weer ge­stap en dan ’n bie­tjie ge­draf­stap. Ek het ook nie milt­steek ge­kry nie; ek dink ek was te s­ta­dig daar­voor.

“Ver­le­de jaar op 1 Mei het ek my eer­ste 21 km- pad­wed­loop hier op Harts­wa­ter af­ge­lê. Ou­ens kom van o­ral­oor hier­na­toe om op daai stuk pad vir die Com­ra­des te oe­fen,” sê hy trots. “Ná ne­ge 21 km­pad­wed­lo­pe het ek ge­voel dit is tyd vir ’n vol­waar­di­ge ma­ra­thon,” sê hy.

Hy het saam met ’n vrien­din, Chris­tel­le Pel­ser (55), aan­ge­sluit by sy plaas­li­ke Run/ Walk for Li­fe-klub, be­gin oe­fen en van­jaar die T­wee O­se­a­ne-ma­ra­thon aan­ge­pak. “Ek het my eer­ste ma­ra­thon 28 mi­nu­te voor die af­sny­punt klaar­ge­maak,” ver­tel hy trots. “Die eer­ste 21 km van ’n ma­ra­thon moet jy in jou kop jou­self oor­reed jy kan dit doen. Daar­na vat jou lig­gaam oor en gaan jy net voort. Om vir die Com­ra­des te kwa­li­fi­seer, moet jy ’n ma­ra­thon in on­der vyf uur kan vol­tooi. Dit is waar­aan ek nou werk,” sê hy vas­be­slo­te. AJ het ook van­jaar op Be­la-Be­la die S­tan­dard Bank 5150-drie­kamp vol­tooi, wat draf, swem en fiets­ry be­hels. “My werk laat my toe om in ’n ma­te my eie ding te doen,” ver­tel AJ. “Ek is el­ke na­week ê­rens in die land be­sig met ’n pad­wed­loop. An­der­sins le­wer ek mo­ti­ve­rings­praat­jies.” Hy het ses maan­de on­be­taal­de ver­lof ge­neem en net aan sy blog en oe­fen­pro­gram ge­werk ter­wyl hy van sy spaar­geld ge­leef het. “Ek wil men­se help mo­ti­veer. ’n Mens het ’n gro­ter uit­wer­king as jy op­ti­mis­ties is. “Ek ont­moet die in­te­res­sant­ste men­se deur my blog.”

WAT­TER kos ge­niet die kam­pi­oen­ver­slan­ker dees­dae? “My guns­te­lin­ge­te is ’n groen­slaai met ’n rou tot half­gaar ste­ak. Sog­gens eet ek ’n ont­byt met ge­bak­te ei­er, spek, sampioene, ta­ma­tie en uie; so af en toe ’n tjop­pie of ’n stuk­kie wors van die vo­ri­ge aand se braai­vleis. En ek eet tot ek ver­sa­dig is, hoor.

“Ek word dan eers hier teen vier­uur smid­dae weer hon­ger. Dan eet ek ’n vlei­sie en ’n slaai of groen­te. Ek eet dees­dae net t­wee keer per dag.”

Dit ge­beur bit­ter min dat hy ’n lek­ker­ny eet, maar as dit ge­beur, eet hy daar­na on­mid­del­lik weer reg. Hy eet glad nie meer brood, pas­ta en aar­tap­pels nie.

Sy dae van e­ner­gie­dran­kies met wod­ka in is fi­naal ver­by. “Ek drink ook glad nie bier nie. Ek sal dalk een keer per maand ’n gla­sie rooi­wyn of ’n lig­te whis­ky met wa­ter drink.”

AJ staan sog­gens om vyf­uur op om te oe­fen. “Ek draf ’n uur of ’n uur en ’n half. Wan­neer dit koud is, draf ek op die trap­meul by die gim. Smid­dae gaan swem ek leng­tes, al­te­saam 2 km ver. Dit is oe­fe­ning vir die drie­kamp,” ver­dui­de­lik hy. “Wan­neer ek kan, ry ek fiets. Ek voel goed.”

En tou op­gooi? “Dit het nog nooit in my ge­dag­tes op­ge­kom nie. Daar was nie ’n op­sie om moed op te gee nie. Dit was le­we of dood. Wan­neer ek sog­gens my oë oop­maak, neem ek die be­sluit of ek bit­ter of be­ter wil wees. Ek kies el­ke og­gend laas­ge­noem­de.”

AJ wil men­se mo­ti­veer om an­ders te leef. Die en­kel­lo­per ver­tel sy sus­ter, Sa­niek du Toit (37), het 30 kg af­ge­skud na­dat hy haar ge­ïn­spi­reer het en sy ma, Ma­ri­ka van der Walt (61), het met sy aan­spo­ring 36 kg ver­loor.

“Ek wil hê men­se moet sien en ag­ter­kom ’n mens kan e­nig­iets in die le­we reg­kry. Dis hoe­kom ek so baie mo­ti­ve­rings­praat­jies aan­bied. Hier­die oor­tol­li­ge vel­le wat ek oor­ge­hou het, is my sup­port

te­am,” sê hy en wys na sy lyf. “Ek spot al­tyd daar­oor, maar ek het een­keer ge­draf en ie­mand hoor han­de klap. Ek het gaan stil­staan, maar daar was nie­mand. Ek be­sef toe dit is die los vel­le aan my arms wat so teen my rug klap ter­wyl ek hard­loop.”

Hy wil be­slis een­dag die oor­tol­li­ge vel­le chi­rur­gies laat ver­wy­der.

“Ek is nie spyt dat ek eers an­ders ge­leef het nie. Ek moes, want an­ders was ek nie van­dag die mens wat ek is nie.”

HOOFFOTO: AJ van der Walt pas in ’n en­ke­le pyp van ’n broek wat hy eens laat span het (INLAS).

AJ wys ’n ver­slan­ker hoef nie hon­ger te ly nie; hy ver­my net pas­ta, brood en aar­tap­pels.

AJ het vroe­ër van­jaar die San­lam-Kaap­stad-ma­ra­thon vol­tooi – en dit na­dat hy eens uit­a­sem was na­dat hy tot by die naas­te lamp­paal aan sy huis ge­stap het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.