VE­GE­TA­RIE­SE KOEKIES MET KRUIEPESTO

Huisgenoot - - Kos -

LE­WER 10 KOEKIES EN SO­WAT 800 ML PESTO Be­rei­ding: 20 min. Ver­koel: 1 uur Gaar­maak: 1 min. per kant

KOEKIES

500 g gaar droë ert­jies, goed ge­drei­neer 250 g gaar len­sies ’n hal­we sel­de­ry­stin­gel, ge­kap 250 g uie, ge­kap 30 g knof­fel, fyn­ge­druk 180 ml (¾ k) elk ge­kap­te pie­ter­sie­lie en kol­jan­der 60 ml (¼ k) ge­kap­te krui­se­ment 10 ml (2 t) fyn ko­myn 1,25 ml (¼ t) elk fyn ka­neel, gem­mer en neut­mus­kaat 2,5 ml (½ t) bak­poei­er 250 ml (1 k) of meer ke­ker­ert­jie- of len­sie­meel 5 ml (1 t) sout fyn brood­krum­mels vir bui­te­laag 1 ei­er­geel, ge­klits o­lie vir braai KRUIEPESTO 120 g vars kol­jan­der 80 g vars pie­ter­sie­lie 80 g vars ro­ket 4 knof­fel­hui­sies 50 g kap­per­tjie­saad 100 g a­man­dels skil en sap van 1 groot lem­me­tjie sout en pe­per na smaak 375 ml (1½ k) sui­wer o­lyf­o­lie VIR VOORSIT kruie-ai­o­li (sien re­sep op vo­ri­ge blad­sy)

1 Koekies Plaas al die be­stand­de­le bui­ten die brood­krum­mels, ei­er­geel en o­lie in die bak van ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot ’n dik pu­ree.

2 Rol in koekies of vin­gers; rol dit dan in die brood­krum­mels om te be­dek. Doop in die ei­er­geel en rol weer in die brood­krum­mels.

3 Laat min­stens 1 uur ver­koel. Braai in die ver­hit­te vlak o­lie tot bruin bui­te. D­rei­neer op kom­buis­pa­pier.

4 Kruiepesto Plaas al die be­stand­de­le bui­ten die o­lie in ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot die teks­tuur grof ge­kap lyk. Giet die o­lie in ter­wyl die ver­wer­ker aan is en ver­werk tot glad.

5 Vir voorsit Sit die koekies saam met die kruiepesto en ai­o­li voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.