DON­KER KRIN­GE

Huisgenoot - - Skoonheid -

Don­ker krin­ge kan ge­ne­ties wees. Maar som­mi­ge leef­styloor­sa­ke speel ook ’n rol. S­tres, om jou oë te vryf en son­ska­de kan die bro­se haar­va­te laat breek. Don­ker krin­ge is ’n te­ken van ’n ys­ter­te­kort.

Wen­ke

Ver­koel die oë. Ge­bruik die kom­kom­mer-, aar­tap­pel- of tee­wen­ke. Werk sag­kens wan­neer jy jou oog­gri­me­ring ver­wy­der. Te veel vry­we­ry kan ont­ste­king en ska­de aan die haar­va­te ver­oor­saak, wat tot don­ker krin­ge lei. Week ’n wat­te­kus­sin­kie in oog­gri­me­ring­ver­wy­de­raar, druk dit ’n paar se­kon­des lank sag­kens op jou oog en vee met een veeg af. Kry ge­noeg slaap wan­neer die ver­kleu­ring weens moeg­heid is. Rooi­vleis, groen blaar­groen­te en neu­te is goeie bron­ne van ys­ter.

Ver­bloem dit

As jy ’n vin­ni­ge reg­ma­ker vir don­ker krin­ge no­dig het, kan gri­me­ring ook goed werk. Hier is ’n paar wen­ke:

Be­gin met ’n be­vog­ten­de oog­room en wend daar­na ’n kleur­reg­stel­len­de ba­sis­laag aan.

Wend ver­bloe­mer aan. Ver­bloe­mers met ’n geel toon kan­sel­leer pers krin­ge uit; groen werk teen rooi­heid en per­ske­kleur be­stry blou­heid.

Per­ri­co­ne MD No Con­ce­a­ler Con­ce­a­ler Bro­ad S­pectrum SPF 35 R575 Ca­tri­ce Cos­me­ti­cs Ca­mou­fla­ge C­re­am An­ti-S­hadow R59,95

Mark by A­von Full Co­ver C­re­am Con­ce­a­ler R159,90

Mii Cos­me­ti­cs En­han­cing Eye P­rep R345

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.