Lie­we E­li­ze

Huisgenoot - - Inhoud -

’n Ge­we­se vriend het weer met my kon­tak ge­maak en voor­ge­stel ons gaan vir ’n paar dae saam weg.

Ek is een­saam en en­kel­lo­pend, net soos ek voor ons kort­ston­di­ge ver­hou­ding was.

Hy was toe en is ook nou in ’n aan-af-ver­hou­ding be­trok­ke. Ons het ’n in­tie­me ver­hou­ding ge­had. Ek is nog ’n bie­tjie ver­lief op hom. Wat dink jy moet ek doen?

TH op ML

As jy hom wil sien in die hoop om hom te­rug te wen, kan jy dit nou al op jou maag skryf. Hy wil die bes­te van al­bei wê­rel­de hê. Iets van die ou be­ko­ring is dalk nog vir jul­le al­bei oor; daar­om oor­weeg jy dit. Stel dit vir hom as voor­waar­de dat jy saam met hom sal gaan so­dra sy ver­hou­ding be­ëin­dig is. Laat hom en die ver­le­de ag­ter. Jy het eer­der ’n so­si­a­le le­we as ’n lief­des­maat no­dig. Moe­nie toe­laat dat een­saam­heid jou des­pe­ra­te be­slui­te laat neem nie. Self­ver­wyt is ’n twee­sny­den­de swaard.

‘Om die ou pa­troon in die slaap­ka­mer voort te sit gaan niks ver­an­der nie’ – E­LI­ZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.