EKS BESKINDER HOM OP FACEBOOK

Huisgenoot - - Raad -

My eks het op Facebook uit­ge­brei oor hoe­kom sy met my uit­ge­maak het, soos dat ek te min aan­dag aan haar ge­gee het en an­der snert. Ons stu­deer nog al­bei. Die Facebook-in­skry­wing het tot al­ler­han­de op- en aan­mer­kings ge­lei van men­se wat ons al­bei ken. Ek is te or­dent­lik om iets daar­aan te doen.

LA, SMS

Moe­nie deel van die dra­ma en uit­bars­tings word nie, al voel jy ook hoe mag­te­loos of bloot­ge­stel. Wan­neer ’n mens se pro­fes­si­o­ne­le re­pu­ta­sie op die spel is, kan jy stap­pe doen om jou naam en re­pu­ta­sie wet­lik te be­skerm. Men­se wat jou ken, sal weet wat die waar­heid is. Oor die res hoef jy jou nie te be­kom­mer nie. Sy be­wys hier­deur eer­der wie en wat sy is.

Haar op­tre­de sal jul ge­meen­skap­li­ke vrien­de laat be­sef hoe on­aan­vaar­baar haar ge­drag is.

Moe­nie ver­dui­de­lik, ver­de­dig of ver­sko­nings maak nie. Moe­nie ’n ge­sprek op Facebook met haar aan­knoop nie. Ge­bruik die weg­steek-op­sie vir haar en haar vrien­de se sta­tus­se so­dat dit nie in jou nuus­voer be­land en jou vrien­de dit sien nie. Jy kan haar ook gaan ver­kla by Facebook se be­stuur, haar blok­keer of ont­vriend. Gaan daar­na aan met jou nu­we le­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.