WAT SÊ ’N LYFTAALKENNER?

Huisgenoot - - Nuus -

Al skep Henri in die hof die in­druk van ’n in­tel­li­gen­te jong man met ’n goeie woor­de­skat, is sy kom­mu­ni­ka­sie­styl in die hof een van vei­lig­heid of neu­tra­li­teit, sê die lyftaalkenner dr. De­ni­se B­j­örk­man.

Hy ge­bruik fra­ses soos “ek ont­hou nie”, “ek is on­se­ker” en “ek is so se­ker soos ek kan wees”.

Sy meen ook Henri se ge­sig en lyf­taal ver­klap hy voel “be­dreig” deur die staats-

aan­kla­er. Hy raak im­pul­sief aan sy ge­sig, wat erg sweet, swaai sy lyf heen en weer om die span­ning te ver­lig en vroe­tel met die do­ku­men­te voor hom.

Op sy der­de dag in die ge­tui­e­bank was Henri dui­de­lik on­ge­mak­lik, sê De­ni­se. “Hy het dik­wels ge­krie­wel en sy self­be­heer­sing en fo­kus ver­loor. Hy sweet sig­baar; sy mond raak ál dro­ër en hy moet ge­reel­der wa­ter drink. Dis dui­de­lik hy suk­kel om dit te sluk.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.