WAT SÊ REGSKENNERS?

Huisgenoot - - Nuus -

Dit was ’n tak­tie­se skuif van Henri se reg­span om eers aan te voer hy gaan nie ge­tuig nie en hom dan la­ter wel na die ge­tui­e­bank te roep, sê An­dré Kir­sten, ’n pro­ku­reur van Kaap­stad met 22 jaar on­der­vin­ding van straf­sa­ke.

“Dit is ’n ou truuk in die straf­reg­stel­sel waar die be­skul­dig­de sê hy gaan nie ge­tuig nie so­dat sy ken­ners eers ge­tuig. Daar­na ge­tuig hy so­dat sy sto­rie kan oor­een­stem met al­les wat sy ken­ners ge­sê het,” ver­dui­de­lik hy.

Die Kaap­se pro­ku­reur Wil­li­am Booth noem die moont­lik­heid dat Henri se ver­de­di­ging dalk be­sluit het om hom te roep om te ge­tuig om­dat een van hul ken­ners on­der kruis­ver­hoor swak ge­vaar het.

Wil­li­am dink dit kan teen Henri tel as sy la­te­re ge­tui­e­nis te veel af­wyk van sy aan­vank­li­ke ver­kla­ring aan die po­li­sie net ná die moor­de.

’n Plus­punt vir Henri is dat hy as’t wa­re die e­nig­ste oog­ge­tuie van die bloed­bad was, maar dit stel hom in ’n moei­li­ke po­si­sie dat hy niks ge­doen het om sy ge­sin te be­skerm nie, sê An­dré.

“Henri het ook te lank ge­wag om die

’n Plus­punt vir Henri is dat hy as’t wa­re die e­nig­ste ge­tuie van die bloed­bad was

nood­diens­te te bel. Dit is nog ’n slag­gat in sy saak. As hy on­waar­skyn­li­ke ge­drag toon, sal sy ge­tui­e­nis nie aan­vaar word nie.”

As die hof Henri se weer­ga­we ver­werp oor ’n in­drin­ger wat die ge­sin aan­ge­val het, sal die hof se e­nig­ste moont­li­ke af­lei­ding wees om hom skul­dig te be­vind, sê Wil­li­am.

Sou die hof be­vind hy het die moor­de be­plan, kan hy le­wens­lan­ge tronk­straf kry. As dit on­be­pland was, kan hy tot 15 jaar tronk­straf ge­von­nis word, maar dit hang van ver­sag­ten­de fak­to­re af.

Tog meen An­dré Henri het ’n goeie kans om vry­ge­spreek te word. “Hy is ’n goeie ge­tuie en lyk in die ge­tui­e­bank as­of hy in be­heer is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.