DISSIPLINE OP DIE NE­DER­LAND­SE MA­NIER

Huisgenoot - - Raad -

Die i­dee om kin­ders be­ve­le te leer ge­hoor­saam en hul­le te straf wan­neer hul­le oor­tree, is nie hoe die Ne­der­lan­ders sa­ke be­na­der nie. ’n Ne­der­land­se ou­er sal ge­woon­lik die woord “op­voe­ding’’ pleks van “dissipline” ge­bruik. Dit gaan daar­oor om vir ’n kind te leer wat reg is deur wat jy doen pleks van wat jy sê, en te ver­dui­de­lik pleks van te straf.

Ne­der­land­se ou­er­skaps­ken­ners be­veel hoof­saak­lik aan vol­was­se­nes stel ’n goeie voor­beeld so­dat hul kind dit sal na­volg. Twee uit­druk­kings is al­ge­meen: “Ou­er­skap be­te­ken om die daad by die woord te voeg,” en: “Soos die ou­es sing, so piep die jon­ges.” Ken­ners be­veel ook aan dat ou­ers nie ’n kind vra om iets te doen nie, maar ferm sê: “Ek wil hê jy moet . . .”

Die i­dee is om nie vir die kind ver­skil­len­de op­sies te gee nie, maar dui­de­li­ke aan­wy­sings.

Dissipline is nie om jou kind te dwing om din­ge te doen of in ’n mag­stryd met hul­le ge­wik­kel te raak, op hul­le te spi­oe­neer, hul­le te dreig of ver­skree nie.

Pleks daar­van moet goeie ge­drag met lof ver­sterk word. On­aan­vaar­ba­re ge­drag moet ferm en da­de­lik stop­ge­sit word.

E­ni­ge straf moet ver­band hou met die spe­si­fie­ke wan­ge­drag. Wan­neer kin­ders iets be­ska­dig het, moet hul­le dit by­voor­beeld her­stel, of ’n ge­mors op­ruim wat hul­le ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.