STIL SKOONSEUN WIL VUISSLAAN

Huisgenoot - - Raad -

Ek woon by my oud­ste kind en is ou­er as 75. Hier is geen tyd vir skoon­ma’s nie. Wat ’n skok toe my skoonseun my am­per met sy vuis by­kom. Hy is ’n in­tro­vert. Ek bly nou maar lie­wer net in my ka­mer. Vir my an­der kind is dit net haar man en skoon­fa­mi­lie wat tel. My man is al ’n paar jaar oor­le­de en my geld­sa­ke is sleg. Ons is eint­lik or­dent­li­ke men­se.

S op G

Sul­ke e­mo­si­o­ne­le mis­han­de­ling kan tot angs lei wat glad nie goed is vir jou ge­sond­heid nie. Die mis­han­de­ling en ver­waar­lo­sing sal nie op­hou tot jy iets daar­aan doen nie. Daar­voor is jy nou te bang; jy wil net weg­kruip, en dis te ver­sta­ne. Maar moe­nie jou­self af­sluit nie.

As jy nie die saak met jou dog­ters kan be­spreek nie, wag tot jy weer jou huis­dok­ter be­soek en be­spreek jou si­tu­a­sie met hom of haar of met jou ou­der­ling of pre­di­kant.

Jy kan raad kry by Age in Acti­on, die eer­tyd­se Raad vir Be­jaar­des, by 021-426-4249. Jy kan ook by hul­le na­vraag doen oor ’n maat­skap­li­ke toe­lae as jy nie reeds een ont­vang nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.