NAGSOEN

Huisgenoot - - Grappies -

Ná hul eer­ste af­spraak neem ’n jong man die mei­sie te­rug huis toe. Voor die hek pro­beer hy ’n soen­tjie be­del. Vol self­ver­troue leun hy met sy hand teen die muur, glim­lag en sê vir haar: “Lie­fie, hoe lyk dit met ’n nag­soen­tjie?”

Ge­skok ant­woord sy: “Is jy laf? My ou­ers sal ons sien.”

Hy: “Ag, kom nou. Wie sal ons hier­die tyd van die nag sien?” Sy: “Nee, as­se­blief nie.” Hy: “Ag toe. Nie­mand sal ons sien nie. Al­mal slaap.” Sy: “Nee, dit is te ge­waagd.” Hy: “Ag, as­se­blief? Ek hou so baie van jou.” Sy: “Nee, nee, nee. Ek hou ook van jou, maar ek kan nie.” Hy: “Ja, jy kan. As­se­blief? Toe?” Sy: “Nee, ek kan nie.” Hy: “Ek smeek jou.” Skie­lik word ’n lig in die don­ker huis aan­ge­ska­kel en die mei­sie se ou­er sus­ter, in haar nag­kle­re en met deur­me­kaar ha­re, maak die voor­deur oop.

In ’n stem dik van die slaap sê sy: “Pa sê gee hom tog ’n soen. Of ek kan hom soen. In­dien no­dig, sal pa self uit­kom en hom soen. Maar as­se­blief, sê net vir hom om sy hand van die in­ter­kom­knop­pie af te haal.” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.