TREK SO AAN

Huisgenoot - - Skoonheid -

Ie­mand met ’n lig­te vel en oë lyk jon­ger en sag­ter in lig­ter kleu­re, sê die mo­des­ti­lis Su­net Ver­maak. Kleu­re wat te hel­der is, sal te oor­wel­di­gend wees en don­ker kleu­re sal plooie, lyn­tjies, vlek­ke en ge­sig­ha­re meer pro­mi­nent laat ver­toon.

Die veel­sy­dig­ste by­kom­stig­heid is ’n serp met pa­tro­ne. ’n Ef­fe­kleu­ri­ge serp gee be­perk­te op­sies om mee te speel, maar ’n bont serp kan vreem­de kleur­kom­bi­na­sies in har­mo­nie bring. Ser­pe kan op so­veel ver­skil­len­de ma­nier ge­dra­peer word. Vou dit soos kra­le so­dat jy dit selfs in die warm so­mer kan dra, knoop dit ag­ter om die lyf en om die nek om dit soos ’n oor­jas­sie te laat lyk.

Tal­le vi­deo’s op die in­ter­net ver­dui­de­lik hoe jy jou serp op baie ma­nie­re kan vou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.