Lie­we E­li­ze

Huisgenoot - - Inhould -

Ek neem my sus­ter al lank in ag, want ek is die oud­ste broer en ons ma is vroeg oor­le­de. My sus­ter is nou al oor die 40. Ek wil graag hê sy moet min­der af­hank­lik van my wees en haar eie be­slui­te neem soos oor die aan­koop van ei­en­dom. Hoe kan ek dit reg­kry?

KW op F

Jy was moont­lik te lank die ver­ant­woor­de­li­ke een wat op­of­fe­rings vir haar ge­maak het.

Dit het haar dalk die self­ver­troue ont­neem om be­slui­te te neem. Help haar deur haar ge­lei­de­lik toe te laat om e­mo­si­o­neel te groei en self­ver­troue op te bou.

T­ree te­rug wan­neer sy raad vra pleks daar­van om in te spring en al­les vir haar te doen. Wys haar op ver­skil­len­de op­sies eer­der as ’n en­ke­le op­los­sing.

Laat haar ook self die ge­vol­ge van haar eie keu­ses dra.

Moe­nie haar die le­wens­les­se ont­sê wat sy nog moet leer nie.

Wys hul­le daar­op dat jy nie vol­gens hul waar­des kan leef nie – E­LI­ZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.