Van bo­na­tuur­li­ke tot wa­re ak­sie

Ak­sie. Met Hen­ry Ca­vill en Ben Af­fleck. Re­gis­seur: Zack Sny­der. Be­gin op 17 No­vem­ber.

Huisgenoot - - Inhould - Saam­ge­stel deur LARA ATSON

Waar­oor han­del die fliek?

In dié op­volg van Bat­man v Su­per­man: Da­wn of Jus­ti­ce (2016) word Bru­ce Way­ne, of­te­wel Bat­man, se ge­loof in die mens­dom her­stel. Su­per­man se on­baat­sug­ti­ge da­de in­spi­reer hom.

Hy be­gin saam­werk met Di­a­na P­rin­ce, of­te­wel Won­der Wo­man, en stel ’n span su­per­hel­de saam om ’n groot vy­and aan te vat.

DIE LEIERS Won­der Wo­man

Gal Ga­dot (32) her­vat haar rol as Won­der Wo­man. “Di­a­na dien as die gom van die span,” ver­tel die Is­rael­se ak­tri­se. “Sy ruim ’n oom­blik in om elk­een in die span te on­der­steun, en laat hul­le ster­ker voel of in hul­self glo.”

Bat­man

Ben Af­fleck (45) keer te­rug as Bat­man. Dié keer kan hy nie op sy eie werk nie en moet hy ’n groep jon­ger helde lei. Boon­op is hy die e­nig­ste een son­der su­per­krag­te.

DIE BOOSWIG S­tep­pen­wolf

Ci­arán Hinds (64) van Ga­me of Thro­nes-faam speel die vrees­lo­se ge­ne­raal S­tep­pen­wolf van die pla­neet A­po­ko­lips.

Van links is E­zra Miller, Hen­ry Ca­vill, Ray Fis­her, Gal Ga­dot, Ben Af­fleck en Ja­son Mo­moa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.