BRANDARM NÁ MY MAN SE BE­DROG & DOOD

Sy’s nou net ‘die be­drie­ër se vrou’, sê Ri­ka, wat haar luuk­se le­we kwyt is na­dat haar man glo R500 mil­joen ge­steel en sy le­we ge­neem het

Huisgenoot - - Nuus - Deur JA­NA VAN DER MER­WE Fo­to’s: S­HA­RON SERETLO

SY WAS die vrou wat al­les ge­had het: ’n pa­leis in die P­re­to­ri­a­se spog­land­goed Mooi­kloof, ’n ge­mak­li­ke le­we as die vrou van ’n mul­ti­mil­joe­nêr, vier kin­ders wat sy al­les kon gee wat hul hart be­geer . . . Maar waar Ri­ka van Vuur­en nou in die leef­ruim­te langs die swem­bad in haar droom­huis sit, bly net her­in­ne­rings oor aan die luuk­se le­we wat sy ge­had het. Trou­ens, daar was ’n tyd toe sy ge­voel het sy het niks meer om voor te le­we nie . . .

Ri­ka kyk ver­slae om haar rond. “Ek sal met net die kle­re aan my lyf hier uit­stap. Hul­le kan selfs die hon­de se bak kom vat.” Sy glim­lag wrang en sê: “Ek plak nou.”

Dees­dae kan sy nie eens die re­ke­ning vir die huis se wa­ter of e­lek­tri­si­teit be­taal nie. Maar hier sal sy moet bly tot die skuld­in­vor­de­raars haar uit­skop.

Tot ein­de ver­le­de jaar was al­les nog so an­ders. “Ons het lek­ker gaan uit­eet, vrien­de ge­nooi, die re­ke­nings be­taal, op­tre­des soos dié van Na­ta­ni­ël en Chris de Burgh gaan kyk,” ont­hou Ri­ka, ’n tin­ge­ri­ge blon­de vrou van 39. Al­les het eens­klaps ver­an­der toe sy in Fe­bru­a­rie van­jaar uit­vind haar man, A­dri­aan (43), word van be­drog aan­ge­kla na­dat hy as hoof be­stuur­der van Tru­don, ’ n Tel­kom-fi­li­aal, glo so­wat R500 mil­joen ge­steel het. Skie­lik het dit ge­blyk hul weeld­e­le­we is op leu­ens ge­bou.

So­wat ’n maand la­ter het nog ’n skok ge­kom toe A­dri­aan se lyk in ’n ho­tel in Cen­tu­ri­on ge­vind word. Hy het sy le­we ge­neem en sy vrou ge­los om al­leen die stuk­ke van haar le­we te pro­beer op­tel.

Ri­ka dink te­rug aan die laas­te paar ver­skrik­li­ke maan­de. “Hoe het ek deur hier­die jaar ge­kom? Net ge­na­de.”

Om­dat die Van Vuur­ens bin­ne ge­meen­skap van goe­de­re ge­troud was, was Ri­ka ná A­dri­aan se dood in ’n reg­stryd ge­wik­kel om te keer dat sy fi­naal ge­se­kwe­streer word. Sy het dit laat vaar, maar al hul on­der­ne­mings, waar­on­der kits­kos­re­stau­ran­te en hul perdry­skool en trou­plek, Mis­ty Me­adows, moes sluit.

Uit die hoof­slaap­ka­mer met sy pa­no­ra­mie­se uit­sig tuur Ri­ka nou uit op die erf waar die kam­pies vir die kin­ders se po­nies dees­dae leeg staan. Die vyf hon­de wat al­tyd hier bal­jaar het, se ge­blaf is stil. In die mo­tor­huis staan pe­per­duur speel­goed – kwad­fiet­se, ’n Porsche en ’n Mi­ni Cooper – en stof ver­gaar.

Haar vier min­der­ja­ri­ge kin­ders – twee dog­ters en twee seuns – is ook hier weg en woon el­ders na­dat Ri­ka in Ju­lie by haar laag­ste punt gaan draai het en haar le­we wou neem. Toe kon sy net nie meer nie. Maar nou weet sy: Sy moet aan­hou.

DIS min­der as ’n maand ná nog ’n te­rug­slag. Op 3 No­vem­ber, net twee we­ke ná haar se­kwe­stra­sie, is haar ge­lief­de pa, Wil­lie van Rens­burg, dood na­dat hy lank hart­pro­ble­me ge­had het. Ri­ka pro­beer kop­hou, maar par­ty dae is by­na on­houd­baar pyn­lik. “Na­we­ke is die erg­ste. Dit voel as­of jou hart uit­ge­ruk word. Hier is nie eens ’n a­sem­pie nie . . .”

Die Van Vuur­ens het ver­le­de jaar Sep­tem­ber hul “droom­huis” be­trek, ver­tel

Ri­ka in haar eer­ste on­der­houd se­dert haar se­kwe­stra­sie. Sy lyk steeds goed ver­sorg, maar is selfs nog skra­ler as met ons on­der­houd vier maan­de ge­le­de.

“Hier het al­mal ge­lag,” ont­hou sy die goeie tye. “By (die perdry­skool) Mis­ty het ons skoue vir tot 5 000 men­se ge­hou; ek was die voor­sit­ter van ra­de; ek was hier­die ‘ be­lang­ri­ke per­soon’.”

Ri­ka se sag­te glim­lag is stroef. “Maar skie­lik is jy niks; ‘die be­drie­ër se vrou’. ”

Toe A­dri­aan se be­weer­de be­drog­spul ont­bloot word, is al hul re­ke­nings be­vries. Met die Val­ke op sy spoor het hy ge­vlug en hom in die Cen­tu­ri­on La­ke-ho­tel ver­gas. En saam met die aan­sien en die geld het hul mooi­weers­vrien­de ver­dwyn. “Die men­se van wie ek dit die min­ste ver­wag het, steun my. Dié van wie ’n mens die mees­te ver­wag het, het jou weg­ge­gooi.

“Skie­lik moet jy hum­ble pie eet. Jy kon eens al­les vir an­der doen, maar nou het ek nie R5 vir brood nie. Ek kan net dan­kie sê vir men­se se goed­heid,” sê sy oor wel­doe­ners wat vir haar kos aan­ge­dra het.

Toe haar laas­te ran­de op­raak, moes sy werk soek om te oor­leef. Sy het werk ge­kry as ge­leent­heids­be­stuur­der by ’n boe­tiek­ho­tel, maar moes ook as kel­ne­rin reg­staan. “Sog­gens het ek ont­byt vir die gas­te voor­ge­sit; hul vuil bor­de en kop­pies skoon­ge­maak. Jy moet jou trots sluk.”

In­tus­sen het die li­kwi­da­teurs op hul be­sit­tings be­gin be­slag lê, selfs die hon­de. Die dag toe die li­kwi­da­teurs die po­nies kom haal, het die kin­ders aan die die­re vas­ge­klou en hart­ver­skeu­rend ge­huil. “Ons het so­veel tra­ne ge­stort. Ek het heel­tyd ge­dink: Van­dag gaan ek knak.”

As we­du­wee moes sy skie­lik ook al­leen na ’n siek kind om­sien. Haar jong­ste ly aan por­ta­le hi­per­ten­sie, die ver­kal­king van die le­wer wat ver­oor­saak dat bloed in sy are te­rug­stoot. Die are ver­groot en kan oop­bars, wat in­wen­di­ge bloe­ding ver­oor­saak. Van­jaar moes die seun­tjie agt keer ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan. “My se­nu­wees was klaar,” sê Ri­ka ge­daan.

Dae na­dat haar pa boon­op ’n drie­dub­be­le hart­om­lei­ding moes on­der­gaan, het al­les vir Ri­ka net te veel ge­word.

“Op 29 Ju­lie – vier maan­de tot op die dag ná A­dri­aan se self­dood – het ek be­sluit om ’n ein­de aan al­les te maak. Ek het net be­sluit so­lank ek nog hier is, sal dit nie op­hou nie. Ek is in die pad . . . ”

Sy het vir haar kin­ders ’n heen­ko­me ge­kry en ’n brief ge­skryf wat sy tus­sen haar per­soon­li­ke do­ku­men­te ge­bê­re het. “Ek het my hand­sak, my sel­foon en al my do­ku­men­te by ’n vrien­din gaan los.”

Toe het Ri­ka ge­ry na een van die vier an­der ei­en­dom­me wat sy en A­dri­aan in die om­ge­wing be­sit het en haar mo­tor ag­ter die per­de­stal­le weg­ge­steek.

Daar het sy ’n hand vol pil­le met wod­ka af­ge­sluk. In haar be­ne­wel­de toe­stand het sy haar kop ge­stamp en op die vloer in een van die leë ver­trek­ke in­een­ge­sak.

Die vrien­din by wie sy haar hand­sak en do­ku­men­te ge­los het, het in­tus­sen op Ri­ka se brief af­ge­kom. So het ’n paar vrien­de na haar be­gin soek. Hul­le het haar ein­de­lik ge­kry waar sy in­een­ge­stort het – deur­me­kaar en be­bloed van die har­de hou teen die kop, maar le­wend.

RI­KA is ná haar self­dood­po­ging vir twee we­ke vir siel­kun­di­ge be­han­de­ling in ’n kli­niek op­ge­neem. Weens haar gees­tes­toe­stand is haar kin­ders toe el­ders ver­sorg.

“Ek is nou baie spyt,” er­ken sy. “In daar­die sta­di­um het ek net ge­dink ek wou die seer­kry weg­vat, en toe maak ek hul­le net nog seer­der.

“Hul­le het vir my brie­fies ge­skryf dat hul­le eer­der in ’n pon­dok sal woon. Ek kan nou sien my kin­ders ver­kies ’n ma bo geld.”

Toe sy weer op die been is, het sy die hof­saak her­vat waar­in sy haar fi­na­le se­kwe­stra­sie teen­ge­staan het. “Hul­le skeur jou in stuk­ke; nie eens kan jou aan­me­kaar­sit nie.”

Ein­de­lik het sy be­sluit: Vat al­les; los my net uit. “Ek het nie ba­klei vir al dié goed nie, maar om my naam te be­hou. Om ge­se­kwe­streer te word neuk jou he­le toe­koms op. Ek is ’ n ge­kwa­li­fi­seer­de ITou­di­teur; ek sal nie nou mak­lik ’n on­der­ne­ming kan be­gin of ’n goeie werk by ’n groot ou­di­teurs­fir­ma kry nie,” ver­tel sy.

Ge­luk­kig het sy on­langs by ’n vrien­din se IT-on­der­ne­ming werk ge­kry, waar sy on­der meer web­ont­werp be­har­tig. Sy soek nou ’n huur­huis vir haar en haar ma, An­sie (63), wat op die oom­blik al­leen in ’n huis in P­re­to­ria-Noord woon.

“Ek pro­beer net deur el­ke dag kom om weer ’n doel te kry,” sê Ri­ka. “Al­les waar­voor ek ge­werk en wat ek be­reik het, is weg. As ek my­self nie red nie, kan ek my kin­ders nie red nie.”

’n Fi­na­le se­kwe­stra­sie­be­vel is op 20 Ok­to­ber teen Ri­ka toe­ge­staan na­dat sy aan die saak ont­trek het, be­ves­tig A­lex E­li­ott, Tru­don se pro­ku­reur, van die regs­fir­ma Ho­gan Lo­vells aan Huis­ge­noot. Die mees­ter van die hof het ’n ku­ra­tor aan­ge­stel om die Van Vuur­ens se sa­ke­ryk te li­kwi­deer.

Die li­kwi­da­teurs se soek­tog na hul ba­tes duur voort, sê A­lex.

‘Skie­lik moet jy hum­ble pie eet. Jy kon eens al­les vir an­der doen, maar nou het ek nie R5 vir brood nie’

HOOFFOTO: Die P­re­to­ri­a­se we­du­wee Ri­ka van Vuur­en en haar man, A­dri­aan (LINKS BO), het eens ’n ryk­mans­le­we ge­lei, maar bin­ne net ’n jaar het sy al­les ver­loor wat vir haar be­lang­rik was na­dat A­dri­aan se be­weer­de be­drog van R500 mil­joen ont­bloot is.

LINKS: Ri­ka het al­leen in hul droom­huis ag­ter­ge­bly. LINKS ON­DER: Sy het am­per ge­knak toe die li­kwi­da­teurs haar kin­ders se po­nies weg­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.