TUS­SEN STASIES

Huisgenoot - - Nuus -

T(Van vo­ri­ge blad­sy) OE ons Pot­chef­stroom na­der, word ek deur hart­seer oor­val. Dit was 24 jaar ge­le­de dat ie­mand my kom wak­ker maak het in my ka­mer in die Hom­bré-mans­kos­huis op die Puk­kam­pus. Dit was net langs die spoor­lyn. My bes­te maat in gang 5, P­hi­lip­pus Sny­man, en sy mei­sie, Estel­le Booy­sen, is dood toe hul­le op dié spoor ge­sit het en deur ’n trein ge­tref is. Hoe­kom, sal ons nooit weet nie. Al­bei was 19 jaar oud.

Ek ont­moet ’n man na­by die sta­sie wat hier­van weet.

“Ek ont­hou jou vriend se on­ge­luk. Ek het toe op hier­die spoor­lyn ge­werk,” ver­tel Da­niel Mo­na­ma (58). Hy woon in een van die net­jie­se Trans­net-hui­sies na­by die Potch-sta­sie.

“Hier is baie on­ge­luk­ke, ver­al as jong dry­wers ag­ter die stuur is,” ver­tel Da­niel. “Ek werk 38 jaar by die S­poor­weë. Trei­ne is my le­we.”

Te­rug op die trein hoor ons die­self­de sen­ti­ment.

“As jy nog nooit trein­ge­ry het nie, het jy nog nie ge­le­we nie,” sê El­len Pie­naar (53), wat ons in die eet­wa raak­loop. Sy nooi ons om in hul kom­par­te­ment te kom kui­er. Sy en haar man, Piet (57), hul dog­ter, El­len Ba­t­chel­or (28), en drie­ja­ri­ge klein­dog­ter, Lay­la, is op pad Paarl toe. Ook hul­le het hul huis op­ge­pak – in Ger­mis­ton – en wil ’n nu­we be­gin maak. “Ons gaan see toe,” sê klein Lay­la. “En haar sus­sie gaan saam. Sy weet dit,” ver­tel Piet en wys na die ba­ga­sie­ruim bo die deur. Lay­la se twee­ling­sus­sie, Kay­len, se as is in ’n hou­er daar bo.

“Sy is op vier we­ke dood,” ver­tel die ou­pa. “Ons be­sluit nog of ons die as­sies by die see gaan strooi of dit gaan bê­re ag­ter ’n steen­tjie by ons nu­we kerk. Hier­die trein­rit help ons om te­rug te sit en ons

’n bie­tjie af te lei.” Bui­te blits si­lo’s ver­by. Ná al die be­bou­de woon­buur­te en towns­hips gooi die land­skap sy arms oop. Skuif jy die ven­ster in jou kom­par­te­ment af, kan jy ein­de­lik die vry­heid van trein­ry in­a­sem.

La­ter, toe die S­hosho­lo­za goed op dreef is tus­sen K­lerks­dorp en Makwas­sie in Noord­wes, nooi twee af­ge­tre­de trein­dry­wers ons in by hul kom­par­te­ment. Weer maak die sto­rie ’n draai by men­se wat op die spoor sterf.

“Ek het al 11 men­se weg­ge­vat (met die trein),” ver­tel BB Ma­thee (63), wat in Ju­nie die tuig neer­ge­lê het. Hy het op 18 by die Sout­ri­vier­sta­sie be­gin werk op goe­de­re­trei­ne, e­lek­tries en die­sel.

“Laas week was daar ’n vrou wat by Pa­row op die spoor ge­spring het. Die trein het ge­luk­kig be­tyds ge­stop.” Maar so­wat 10 jaar ge­le­de kon BB nie die rem­me gou ge­noeg aan­slaan nie. ’n Man het sy mei­sie kaal op die spoor ge­dwing na­by De Doorns. BB moes in die hof in dié moord­saak gaan ge­tuig.

Sy vrou, Mar­gie (64), vat sy hand toe hy sy oë sluit. “Dees­dae is daar da­rem goeie siel­kun­di­ge be­ra­ding vir dry­wers,” ver­tel hy.

Die trein het BB en sy vrou by­me­kaar­ge­bring. “Ons het me­kaar op die trein ont­moet toe ek vir my ma in Ger­mis­ton gaan kui­er het,” ver­tel Mar­gie. “Ons het nom­mers uit­ge­ruil, maar ek het nooit ge­dink ek sou weer van hom hoor nie.” Die an­der af­ge­tre­de trein­dry­wer, An­dries van Ton­der (63), en sy vrou, He­le­ne (62), kui­er saam. Hul­le al­mal kan met ’n vry­pas­boe­kie o­ral deur die land met die trein ry.

“Jy sal nooit die trein uit my kry nie,” ver­tel An­dries. Hy het ein­de Fe­bru­a­rie af­ge­tree. “Ek het die Blou­trein be­stuur en op goe­de­re­trei­ne ge­ry wat tot 120 km per uur kan haal,” ver­tel hy. Ook hy het al men­se dood­ge­ry. “Die le­we gaan aan. Jy kan nie te veel daar­aan dink nie,” sê hy.

BB en An­dries wil soms die stuur vat as hul­le so vir die lek­ker trein­ry. “Met el­ke ruk­kie en pluk­kie van die trein weet ons wat die dry­wer daar voor doen,” sê BB.

ONS kom half­tien die aand – twee uur laat – op Chris­ti­a­na aan, by­na 400 km van Jo­han­nes­burg af soos die kraai vlieg. “Ons is op spo­re en nie op die pad nie. Die aan­koms­tye is nie pre­sies nie. Fou­tie­we sin­ja­le en an­der trei­ne wat ons kruis, maak ons laat,” word die ver­dui­de­li­king aan­hou­dend deur die trein­waar­din­ne her­haal.

Eers ruik ons re­ën in die lug en toe koei­mis voor ons stil­hou en uit­klim. Die per­ron staan vol on­kruid. Die ge­boue is ver­val­le. Ie­wers uit die don­ker kom ’n flits­lig na­der. Dis Pa­trick Di­re, die sta­sie­wag wat al d­rie en ’n half jaar hier werk. Voor hom stoot hy ’n krui­wa waar­mee hy ons ba­ga­sie stuk-stuk dra na waar ’n taxi wag. Ons moet R250 op­dok vir die so­wat 3 km tot by die Chris­ti­a­na All Se­a­sons Re­sort. In my jeug was dit die ge­wil­de Rob Fer­rei­ra-va­kan­sie­oord.

Vir ’n oom­blik voel ek weer soos ’n kind. Maar nou is dit te don­ker en ons is te moeg. Mô­re, wan­neer die son skyn, gaan die spo­re vo­ren­toe in die rig­ting van die see blin­ker lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.