BOB­BY VAN JAARS­VELD San­ger & TV-per­soon­lik­heid

Huisgenoot - - Kos -

’W ’n Weel­de­ri­ge proe-a­von­tuur saam met Reu­ben.

Li­sa-Ann S­tie­ger van Jo­han­nes­burg. Nie net het hier­die en­kel­ma (41) die kans ge­kry om ’n dag saam met die ge­wil­de sjef deur te bring nie; haar seun kon ook vir die eer­ste keer ooit vlieg. Li­sa-Ann en haar seun, Lee­lan La­key, het boon­op eer­ste­hands by Reu­ben ge­leer hoe om ’n heer­li­ke steur­gar­naal­ri­sot­to en var­klies te maak.

Li­sa-Ann, ’n aan­han­ger wat nooit Reu­ben se TV-pro­gram, Pr­oe­fes­si­o­neel, mis­ge­loop het nie, sê sy ne­de­rig­heid het haar ont­roer. “Dit was soos om ’n dag in ’n vriend se huis deur te bring,” ver­tel sy. Dis ge­wis ’n dag wat Li­sa-Ann en haar seun nooit sal ver­geet nie.

’n Fiks­heids­dag saam met Ca­me­ron. Jaco Ha­ven­ga van So­mer­set-Wes. Jaco (32) het die ge­leent­heid ge­kry om ’n dag in Ca­me­ron se le­we te er­vaar. Dit het be­gin met mid­dag­e­te saam met dié swem­mer, en Jaco het gou uit­ge­vind selfs at­le­te lê soms aan ’n ste­ak weg. Daar­na het hul­le ’n ont­span­nen­de pot­jie gholf ge­niet, maar Ca­me­ron het toe blyk­baar be­sluit hy gaan eer­der by swem hou!

Laas­tens het ’n fiks­heids­af­rig­ting­ses­sie ge­volg, waar Jaco ’n ky­kie ge­kry het na die soort oe­fe­ning wat Ca­me­ron el­ke dag doen. Jaco ver­tel: “Ek was ge­raak deur hoe hy uit sy pad ge­gaan het om my op my ge­mak te laat voel en is be­ïn­druk met hoe be­skeie hy is.” BO: Ve­loshni (links) en Jus­tin Nai­doo saam met Bob­by by Em­per­or’s Pa­la­ce. ON­DER: By die A­fri­kaan­se san­ger se ver­to­ning in The Bar­ny­ard T­he­a­t­re het die Nai­doo-eg­paar vyf­ster­be­han­de­ling ge­niet.

BBP-er­va­ring saam met Bob­by. Jus­tin Nai­doo van Dur­ban. Vir Jus­tin (32) het die ver­rig­tings be­gin met mid­dag­e­te by die Em­per­ors Pa­la­ce-ho­tel in Jo­han­nes­burg. Daar­na het hy en sy vrou, Ve­loshni, Bob­by ont­moet; dié het voor­be­rei vir ’n ver­to­ning by die ho­tel. Jus­tin en Ve­loshni is ook met BBP-kaart­jies bederf en ag­ter die ver­hoog ver­wel­kom.

As ’n spe­si­a­le ver­ras­sing het Bob­by Jus­tin ty­dens die kon­sert na die ver­hoog ge­roep en ’n ge­skenk­be­wys vir ’n Samsung Ga­laxy S8 aan hom oor­han­dig. Oor­nag­ver­blyf in die ho­tel het dié een-keer-in-’n-leef­tyd-er­va­ring vir Jus­tin en Ve­loshni af­ge­rond.

ld i t

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.