KRAP KOP OOR NAAMLOSE BRIEF

Huisgenoot - - Raad -

Ek en my mei­sie gaan al ’n jaar uit. ’n Ruk ge­le­de het ek ’n a­no­nie­me brief ge­merk “Ver­trou­lik” by my woon­stel ont­vang waar­in staan sy het ’n an­der ver­hou­ding. Ek het haar niks van die brief ver­tel nie. Daar­in staan ook sy en ’n goeie vriend van haar sien me­kaar te veel. Ek glo dit nie, al het ek van die be­gin af nie hul vriend­skap ver­trou nie. Sy het nog al­tyd ge­sê dis al­les net in my kop. Ek het haar woord aan­vaar, maar nou twy­fel ek.

BW (SMS)

Dalk is die brief­skry­wer haar vriend wat jul ver­hou­ding pro­beer op­breek. Dit kan ook ie­mand wees wat jou ’n guns wil be­wys deur jou te waar­sku.

Tot dus­ver het jy geen be­wy­se om die aan­ty­gings te glo nie.

Jy sal hier­die pro­bleem saam met haar moet op­los. As sy so ’n brief oor jou ge­kry het, sou jy tog wou ge­had het sy moet dit met jou be­spreek, of hoe?

Ge­bruik dit as ’n ge­leent­heid om met haar oor haar vriend­skap met die an­der man te praat en nu­we per­ke te stel oor wat vir jou aan­vaar­baar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.