3

Huisgenoot - - Raad -

DIE lang so­mer­va­kan­sie is om die draai en jou kin­ders kan skaars wag vir die groot weg­breek. Maar as jul­le die lang­pad aan­durf, is die kans goed jy as ou­er voel dalk iet­wat be­swaard. Kom, er­ken dit maar: Ge­sins­va­kan­sies kan uit­put­tend wees. Om die he­le kroos van punt A tot B te kry is nie son­der sy uit­da­gings nie.

Tog kan ’n mens ’n paar din­ge doen om die a­von­tuur min­der stres­vol vir al­mal te maak. Maak jou ge­sin se pad­reis ’n on­ver­geet­li­ke een – om al die reg­te re­des – met ons prak­tie­se wen­ke. Laai ’n paar kin­der­vrien­de­li­ke apps op jou toe­stel­le om die kin­ders ty­dens lang mo­tor­rit­te be­sig te hou so­dat hul­le nie ver­veeld raak nie. As jy dit nie wil doen nie om­dat jy hul tyd voor skerms wil ver­min­der, kan jy vir ak­ti­wi­tei­te i­tems soos in­kleur­boe­ke, plak­kers en woord­raai­sels in­pak.

As jou kroos moeg raak van toe­stel­le en ak­ti­wi­tei­te, kan jy ou­di­o­boe­ke pro­beer. Dié boe­ke is ’n won­der­li­ke ma­nier om kin­ders en vol­was­se­nes te boei en uit die kwaad te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.