MY STO­RIE

Groot­ou­er­skap maak boe­re­hart sag en lei tot ’n Lie­fie­kind-lam­me­tjie

Huisgenoot - - Gesels Saam -

SO

baie men­se dink aan die boe­re van ons land as har­de, on­ge­voe­li­ge men­se. Dis im­mers men­se wat dit hul daag­lik­se taak maak om die­re groot te maak, net om hul­le een­dag weer te ver­koop of te slag vir oor­le­wing.

Hul­le be­sef nie ’n boer is net ’n mens soos e­ni­ge an­der nie. En glo my vry, die dag dat ’n boer ou­pa word, is die dag dat sy hart heel­te­mal sag word.

Neem nou maar my pa, wat sy le­we lank boer.

Op ’n dag in 2012 is ’n lam­me­tjie op die plaas ge­bo­re. Die so­veel­ste van baie. Maar dié een was an­ders; sy is blind ge­bo­re. Voor­heen sou my pa heel waar­skyn­lik, soos e­ni­ge an­der boer, net daar van die dier­tjie ont­slae ge­raak het. Pleks daar­van gee hy die lam toe vir my twee­ja­ri­ge dog­ter­tjie.

Die lam is op die plek Lie­fie­kind ge- doop. En hoe­wel sy blind was, het sy deur net haar ge­hoor te ge­bruik so by die plaas­le­we aan­ge­pas dat jy nie som­mer sou dink iets skort met haar nie.

Lie­fie­kind het ’n prag­ti­ge ooi ge­word wat vyf keer ge­lam het. En vier van die vyf keer was dit twee­ling­lam­mers, bla­kend ge­sond. El­ke keer dat dit tyd was om op die plaas te gaan kui­er is ’n brood spe­si­aal net vir Lie­fie­kind ge­koop. Dit was haar guns­te­ling­lek­ker­ny.

In Sep­tem­ber van­jaar kry ek ’n bood­skap van ou­pa. Hy weet nie hoe om die sleg­te nuus aan sy klein­kind oor te dra nie; sal ek dit as­se­blief doen? Ons ou Lie­fie­kind is weens ou­der­dom dood. Maar ou­pa be­lo­we hy sal haar be­gra­we en ’n kruis op­sit so­dat al­mal weet dis ons Lie­fie­kind wat daar rus.

Hoe spe­si­aal is dit tog nie. ALICIA, MEYERTON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.