BE­LÊ VAN­DAG IN HULP VIR MÔ­RE

Huisgenoot - - Gesels Saam -

Dit was die mid­dag een­uur. Die on­ge­luk het net 10 se­kon­des voor my op die berg­pas ge­beur. Die be­stuur­der was in die vrag­mo­tor vas­ge­knel en erns­tig be­seer. Ons kon hom nie uit­kry nie. Ek het met my noodflik­ker- en hoof­lig­te aan Ce­res toe ge­jaag, maar net een mo­to­ris het my toe­ge­laat om hom ver­by te steek.

Dan­kie aan hom en die man by die ka­fee vir aan­wy­sings na die po­li­sie­kan­toor. Dan­kie ook aan die po­li­sie. Teen ses­uur was die be­stuur­der steeds vas­ge­knel, maar hy het ge­leef. En dank die he­mel­se Va­der vir toe­ge­wy­de nood­per­so­neel.

Help jou me­de­mens; jy weet nooit wan­neer dit jou beurt gaan wees nie. AU­BREY, WELGELEGEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.