BIER-EN-TIE­MIE-GEMARINEERDE HOEN­DER

Huisgenoot - - Kos -

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 20 min. Ma­ri­neer: 1 uur of oor­nag Gaar­maak: 15 min.

HOEN­DER

4 hoen­der­bors­fi­let­te sap van

1 suur­le­moen

6 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

1 x 340 ml-bot­tel bier of si­der of gem­mer­lim

30 ml (2 e) o­lyf­o­lie

6 tak­kies tie­mie, bla­re af­ge­stroop en ge­kap

10 g pie­ter­sie­lie, ge­kap sout en vars ge­maal­de pe­per o­lie, vir pan­braai

VIR VOORSIT

8 murg­pam­poen­tjies, in lin­te ge­sny met ’n groen­te­skil­ler

1 rooi brand­ris­sie, ge­kap

30 ml (2 e) suur­le­moen­sap

30 ml (2 e) o­lyf­o­lie sout en vars ge­maal­de pe­per suur­le­moen­wig­gies

1 Hoen­der Kap die hoen­der ef­fens plat­ter met die palm van jou hand. Meng die res van die bestanddele goed in ’n ma­ri­neer­bak. Sit die hoen­der in die ma­ri­na­de. Maak se­ker dit is o­ral­oor be­dek met die ma­ri­na­de. Be­dek en ma­ri­neer min­stens 1 uur of oor­nag in die ys­kas.

2 Ver­hit die o­lie in ’n groot kleef­vrye pan. Haal die hoen­der uit die ma­ri­na­de en braai in sar­sies tot gaar en goud­bruin aan al­bei kan­te. 3 Vir voorsit Meng al­les bui­ten die suur­le­moen­wig­gies goed. Geur met die sout en vars ge­maal­de pe­per na smaak.

4 Sit die hoen­der voor saam met die murg­pam­poen­tjies en suur­le­moen­wig­gies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.