3 BE­PERK GEPROSESSEERDE KOS­SE

Huisgenoot - - Kos -

Ver­my kos­se wat baie sui­ker, ver­fyn­de gra­ne en ge­hi­dro­ge­neer­de o­lies be­vat en ook ’n lang lys meest­al on­her­ken­ba­re bestanddele. Hier­on­der tel ver­al kits­kos en weg­neem­e­tes. Hoe­wel jy jou eie slaai­sou­se, pes­to en hum­mus tuis kan maak, is daar ook goeie pro­duk­te in win­kels be­skik­baar – lees net die be­stand­de­le­lys! Na­tuur­li­ke jo­gurt en on­ge­pro­ses­seer­de kaas kan in klein hoe­veel­he­de in­ge­sluit word by ’n ge­ba­lan­seer­de eet­plan.

ROU MURGPAMPOENPASTA MET VARS TAMATIEPASSATA

GE­NOEG VIR 2-3 MEN­SE Be­rei­ding: 15-20 min. Staan: 30 min.

6 murg­pam­poen­tjies, ge­was en droog­ge­maak, of 1 pak murg­pam­poen­tjiespag­het­ti sap van ’n hal­we

suur­le­moen sout 3 groot ta­ma­ties 60 ml (4 e) son­droë

ta­ma­tie­pes­to 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie 2,5 ml (½ t) fyn

ge­kap­te vars knof­fel 60 ml (¼ k) fyn­ge­kap

te vars pie­ter­sie­lie 60 ml (¼ k) fyn­ge­skeur­de vars ba­si­lie­bla­re groot hand vol ba­ba

ta­ma­ties, ge­hal­veer sout en pe­per ek­stra heel ba­si­lie

bla­re vir gar­ne­ring

1 Draai die murg­pam- poentjies in ’n spi­raal­sny­er of sny dit in dun re­pies met ’n mes.

2 Plaas die pas­ta een­kant in ’n bak en sprin­kel ’n bie­tjie suur­le­moen­sap en sout oor om in te trek. Maak die bak toe en plaas in die ys­kas tot be­no­dig.

3 Sny die ta­ma­ties in die helf­te en ras­per aan die grow­we kant van ’n handras­per. (Die skil sal ag­ter­bly en die pulp sal deur­gaan.)

4 Voeg die res van die bestanddele, bui­ten die ba­si­lie vir gar­ne­ring, by die ta­ma­tie­pulp en meng.

5 Laat staan die meng­sel so­wat 30 min. so­dat die geu­re kan ont­wik­kel, en giet dan oor die pas­ta. Rond af met die heel ba­si­lie­bla­re.

3 ROU MURGPAMPOENPASTA MET VARS TAMATIEPASSATA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.