MET DAP­PER EN STAPPER

Stap in die bui­te­lug is ’n heer­li­ke stok­perd­jie vir vrien­de en ge­sin­ne. Hier’s ken­ners­raad om dit reg aan te pak

Huisgenoot - - Met Dapper En - Deur ELNA VAN DER MER­WE

DIE va­kan­sie is net ’n lek­ker her­in­ne­ring en jy is al weer druk be­sig om van jou nu­we werk­jaar ’n suk­ses te maak. Maar al kan jy nie gou weer ver­lof neem nie, kan jy wel op ’n ge­reel­de grond­slag weg­kom – al is dit net op ’n na­weeks­dag.

’n He­le paar heer­li­ke warm son­skyn­maan­de lê nog voor wat jy kan be­nut om ’n blaas­kans in die bui­te­lug te neem, en een van die lek­ker ak­ti­wi­tei­te wat jy kan aan­pak, is om ons land se ve­le klim- en stap­roe­tes te ver­ken. Voor jy jou eer­ste bui­te­lug­uit­stap­pie vir die na­week be­plan, maak se­ker jy is voor­be­reid op e­ni­ge klip­pe wat Moe­der Na­tuur in jou pad kan rol.

Hier is kun­di­ge wen­ke wat ons ge­kies het uit Wil­lie O­li­vier se boek Hi­king Trails of South A­fri­ca. Die vier­de uit­ga­we het pas ver­skyn. Be­ne­wens al Wil­lie se raad is ag­ter­in sy boek ’n lys kon­tak­be­son­der­he­de vir van die be­kend­ste roe­tes in die land.

BE­PLAN GOED

Kies ’n roe­te wat jou stap­groep se fiks­heid pas.

Stap saam met ie­mand wat die roe­te goed ken en/of koop ’n kaart. Kaar­te van baie dag­stap- en voet­slaan­pad­roe­tes is aan­lyn te kry.

Sit ’n kaart met jou roe­te daar­op ge­merk oop op jou mo­tor se pa­neel­bord neer so­dat ’n po­ten­si­ë­le soek­ge­sel­skap weet waar om te kyk.

’n Goue re­ël: Moet nooit ’n stap­roe­te op jou eie aan­pak nie. Die mi­ni­mum ge­tal men­se is drie, maar vier is be­ter. Moe­nie van die roe­te af­wyk nie. Maak se­ker of jul­le ’n per­mit moet koop of nie. Vra dan som­mer of ’n mens jou hond mag saam­bring.

TOE­RUS­TING

Moe­nie jou toe­rus­ting by die su­per­mark gaan koop nie – hul­le spe­si­a­li­seer nie in sport­toe­rus­ting nie en dit kan van ’n min­der­waar­di­ge ge­hal­te wees.

Die be­lang­rik­ste is jou skoe­ne. Vir dag­stap­pe is lig­te ste­wels of stap­skoe­ne vol­doen­de as jul­le oor mak­li­ke ter­rein stap.

Kry ’n rug­sak of dag­pak met ’n op­ge­stop­te rug­kant en op­ge­stop­te skou­er­ban­de. ’n Band om die mid­del help dat die sak ste­wig sit wan­neer jy klou­ter.

As jy ’n be­gin­ner is en nog nie se­ker is of jy klim en stap as ’n stok­perd­jie wil be­oe­fen nie, kan jy ’n swart­sak in­pak om as pon­cho aan te trek as dit re­ën. La­ter kan jy geld uit­gee op iets duur­ders van goeie ge­hal­te wat jou teen re­ën be­skerm, maar jou lyf steeds laat a­sem­haal.

Al skyn die son in ’n blou lug wan­neer jul­le ver­trek, moet jy al­tyd ’n warm top en mus in­pak. As jul­le deur ’n on­ver­wag­te koue oor­val word, kan dit jou le­we red of jou ten min­ste die on­ge­rief spaar van voel of jy sta­dig ver­kluim.

EET- EN DRINK­GOED

Jy moet ge­son­de kos of hap­pies in­pak wat die e­ner­gie kan ver­vang wat jy deur fi­sie­ke in­span­ning ver­loor.

Die be­lang­rik­ste: 2 L wa­ter per per­soon.

Be­plan ’n mak­si­mum van 1 kg kos per per­soon per dag, by­voor­beeld: 90 g kaas, 100 ml neu­te, 60 ml grond­boon­tjie­bot­ter, vier vars vrug­te en toe­brood­jies van vier snye grow­we­brood. Pak ook snoep­goed soos glu­ko­se­lek­kers, dro­ë­vrug­te en e­ner­gie­sta­fies in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.