NOODHULP

Huisgenoot - - Raad -

So­wat 90 per­sent van al­le be­se­rings op stap­tog­te het met die voe­te of be­ne te doen.

As dit nie te erns­tig is nie, pas noodhulp toe soos om ’ n stuk­ken­de plek te ont­smet en ’ n pleis­ter of ver­band op te sit.

Bla­se moet da­de­lik be­han­del word: As jy net voel of ’n blaas wil be­gin vorm, sit wat­te en ’n sin­kok­sied­pleis­ter op.

As die blaas reeds ge­vorm het, s­teek dit stuk­kend met ’n skoon naald, druk die vloei­stof uit, ont­smet dit en sit wat­te en ’n sin­kok­sied­pleis­ter op.

As ie­mand ge­val het, wees ver­sig­tig om ’n klip- of rots­stor­ting te ver­oor­saak op pad na die be­seer­de.

As jul­le nie vei­lig by hom kan uit­kom nie, bel da­de­lik die nood­diens­te (wie se nom­mer jul­le al­mal voor­af op jul sel­fo­ne in­ge­tik het!).

As jul­le wel by die be­seer­de kan uit­kom en dit lyk of sy rug­graat seer­ge­kry het, moet hom in geen om­stan­dig­he­de be­weeg nie.

Smeer son­blok aan en dra ’n hoed en lang­mou­hemp wat jou nek, arms en bors be­dek.

Son­steek se simp­to­me is on­der meer hoë lig­gaams­tem­pe­ra­tuur, droë vel, hoof­pyn, vreem­de ge­drag en kram­pe.

Dra ie­mand wat te­kens hier­van toon da­de­lik na ska­du­wee, gooi wa­ter oor hom, vee hom af met nat lap­pe en waai hom koud met jul hoe­de.

As hy by is, gee hom ’n i­so­to­nie­se dran­kie (’n sport­dran­kie wat vloei­stof, e­lek­tro­lie­te en e­ner­gie ver­vang). Kry da­de­lik me­die­se hulp.

HI­KING TRAILS OF SOUTH A­FRI­CA DEUR WIL­LIE O­LI­VIER (STRUIK TRAVEL & HERITAGE, R235*)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.