OMGEKRAP OOR MA SE KÊ­REL

Huisgenoot - - Raad -

Ek is die oud­ste van drie sus­ters. Ons ma (56) het nou, ná ’n eg­skei­ding ja­re ge­le­de, ’n on­van­pas­te man (66) in haar le­we. Ons hou niks van hom nie, maar sy sien nie sy fou­te raak nie. Hy was net die eer­ste een wat haar ná al die ja­re al­leen uit­ge­neem het. Tog voel ek my sus­ters is kin­der­ag­tig en ons moet haar uit­los. Hul­le dink ons moet met haar hier­oor praat.

GA, SMS

Jul ge­voe­lens is nor­maal en ge­sond, maar moet on­der­soek word. Gaan jul be­swa­re dalk daar­oor dat dit die eer­ste keer is dat sy van die ge­sins­een­heid los­breek en jul­le al­mal hier­mee ’n nu­we fa­se bin­ne­gaan? Of is jul be­swa­re ge­rig op wie die man is en wat hy doen of nie doen nie?

’n Oop ge­sprek hier­oor is no­dig. Die uit­gangs­punt moet wees dat jou ma jul­le drie e­mo­si­o­neel slim ge­noeg groot­ge­maak het dat jul­le on­rus­tig kan wees oor ’n nu­we man in haar le­we. Dalk is sy nie heel­te­mal in die duis­ter oor sy te­kort­ko­mings nie. Moont­lik het sy net ’n bie­tjie kop ver­loor; ver­liefd­heid maak so. Deel daar­om ge­rus jul kom­mer, maar nie op ’n ver­oor­de­len­de ma­nier nie.

Ont­hou, jul ma is ’n vol­was­se vrou en het nie jul goed­keu­ring vir haar ver­hou­dings­keu­ses no­dig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.