Ma maan lank teen Mooinooi-fa­mi­lie

Die ma van een van die be­skul­dig­des in die moord­saak het haar ge­waar­sku teen die fa­mi­lie by wie sy be­trok­ke ge­raak het en wil nou by haar die waar­heid hoor

Huisgenoot - - Inhoud - Deur CARLA COETZEE Fo­to’s: SHARON SERETLO

SY HET haar son­skyn­kind al hoe­veel ke­re teen die nou reeds be­rug­te B­rits­fa­mi­lie* ge­waar­sku, ver­tel A­ni­ka van Wyk* van Noord­wes. Wees ver­sig­tig, het sy ge­maan. Moe­nie te na­by hul­le kom nie, sou sy waar­sku. Dit het keer op keer op do­we ore ge­val. Toe die dag ein­de­lik aan­breek dat haar dog­ter, Bo­ni­ta Ver­maak (18)*, se oë oop­gaan, was dit te laat. Op daar­die dag het sy van­uit die be­skul­dig­de­bank in die land­dros­hof op Brits vir haar ma ge­fluis­ter: “Mammie, my oë het nou oopgegaan.”

Saam met Bo­ni­ta in die be­skul­dig­de­bank was haar kê­rel, E­rick Brits*, dié se pa, Pie­ter*, en vier an­der mans. Hul­le word saam aan­ge­kla van die op­spraak­wek­ken­de Mooinooi-moorde en sal ver­hoor word op aan­klag­te van men­se­roof, roof, ver­krag­ting en moord na­dat die eg­paar A­nisha en Joey van Nie­kerk ver­le­de maand raai­sel­ag­tig op dié dorp ver­dwyn en na be­we­ring ge­mar­tel en ver­moor is.

Op 5 Ja­nu­a­rie het die 44-ja­ri­ge A­ni­ka ’n saam­ry­ge­leent­heid na Brits ge­kry vir Bo­ni­ta se hof­ver­sky­ning. Sy het haar dog­ter ne­ge dae te­vo­re laas ge­sien toe die po­li­sie haar en E­rick by A­ni­ka se huis kom aan­keer het in ver­band met die moorde wat die land ge­ruk het.

A­ni­ka moes haar pad oop­veg deur die plak­kaat­swaai­en­de be­to­gers bui­te Brits se land­dros­hof.

Bin­ne die hof­saal het Bo­ni­ta in die be­skul­dig­de­bank om­ge­kyk tot sy haar ma se oog ge­vang het. “Sy wou in tra­ne uit­bars. Ek het vir haar ge­sê sy moet kalm bly; sy moet sterk staan en bid,” ver­tel A­ni­ka, merk­baar moeg en ont­steld ná die dra­ma van die laas­te we­ke.

“Sy is so ’n lief­de­vol­le kind. Sy sal nie ’n vlieg seer­maak nie,” sê A­ni­ka, laat sak haar kop en huil sag­gies in haar han­de.

Bo­ni­ta was 16 en op s­kool in Rustenburg toe sy op E­rick (nou 29) ver­lief raak. Hy is 11 jaar ou­er as sy.

“Op la­er­skool was sy my son­skyn­kind. Sy het diep in die 70’s en 80’s ge­kry. Ek en sy is baie c­lo­se ; haar pa het lang ure ge­werk. Drie jaar ge­le­de is hy oor­le­de en dit het haar erg ge­vang. Sy was baie e­mo­si­o­neel – en toe kom E­rick,” ver­tel A­ni­ka.

A­ni­ka het eers ge­dink die man met die warm glim­lag sal goed na haar dog­ter kyk. “Aan die be­gin was hy baie ni­ce.” Maar sy het gou be­gin glo hy ma­ni­pu­leer haar dog­ter en het haar ver­kul.

Bo­ni­ta wou eg­ter niks van haar ma se waar­sku­wings weet nie en het la­ter selfs op Mooinooi op ’n klein­hoe­we by die Brits-fa­mi­lie gaan woon. Daar het E­rick saam met sy pa, dié se vrou, Valerie (21), en hul drie­ja­ri­ge kleu­ter ge­bly. Die B­rit­se se huis is skaars 15 km van die Van Nie­kerks se klein­hoe­we, waar Pie­ter sy pa-

neel­klop­per­saak op hul erf be­dryf het.

Hoe haar dog­ter na be­we­ring by Joey en A­nisha se dood be­trok­ke kon wees, weet A­ni­ka nie. Vir eers het sy net een wens: om by haar kind uit te kom in die sel om die sto­rie uit haar mond te hoor.

“Sy sal met my praat. Ek wil net by haar hoor,” sê sy tus­sen die snik­ke deur.

DIT was ’ n paar dae voor Kers­fees toe Bo­ni­ta en E­rick by A­ni­ka se huis in Rustenburg op­daag om “Kers­fees saam te vier”, ver­tel A­ni­ka. “Ek het my dog­ter ses maan­de te­vo­re laas ge­sien en was baie bly dat sy kom kui­er.”

Vol­gens haar was daar niks aan Bo­ni­ta en E­rick se ge­drag wat haar laat dink het al­les is dalk nie pluis nie.

Maar toe, drie dae ná Kers­fees, daag die po­li­sie by haar huis op. En toe hul­le ver­trek, is dit met haar “sag­moe­di­ge kind” voor in die vang­wa en E­rick ag­ter­in. “Ek het nie ge­weet wat om te doen nie,” ver­tel A­ni­ka.

E­rick se pa, Pie­ter (52), was toe reeds op 12 De­sem­ber in heg­te­nis ge­neem, waar­na nog vyf be­skul­dig­des aan­ge­keer is, on­der wie Valerie, sy vrou, wat haar op 14 Ja­nu­a­rie aan die po­li­sie oor­ge­gee het.

Die groep word daar­van aan­ge­kla dat hul­le ver­ant­woor­de­lik was vir die ver­dwy­ning en dood van die Van Nie­kerks. A­nisha en Joey sou op 10 De­sem­ber na Pretoria ge­ry het om be­graf­nis­re­ë­lings te tref vir Joey se pa, wat kort te­vo­re oor­le­de is. Maar hul­le het nooit daar uit­ge­kom nie en die vol­gen­de dag het hul fa­mi­lies die eg­paar as ver­mis aan­ge­meld.

Die staat be­weer die be­skul­dig­des het die twee vroue uit hul op­stal bui­te Mooinooi ont­voer, ge­mar­tel, her­haal­de­lik ver­krag, dood­ge­skiet en hul ly­ke ver­brand.

Die slag­of­fers se uit­ge­bran­de mo­tor is na­by Ma­ga­lies­burg ge­kry, en ein­de De­sem­ber is ’n sak met been­de­re en weef­sel langs die R104 na­by Rustenburg ge­kry. Die po­li­sie ver­moed die sak be­vat A­nisha en Joey se oor­skot, maar wag nog op DNS- uit­slae om dit te be­ves­tig, het ao. M­pei­la Ta­la­ne van die Noord­wes­po­li­sie kort voor ons druk­tyd ge­sê.

A­ni­ka lyk ver­slae toe sy ver­tel van die ge­beu­re wat haar dog­ter se le­we ont­spoor het. “Bo­ni­ta en E­rick het eers el­ders saam­ge­woon, maar Pie­ter het E­rick oor­reed om by hom in te trek,” ver­tel sy.

Sy ken Pie­ter- hul­le maar te goed, want sy het in ’n s­ta­di­um ook so­wat ’n jaar in ’n a­par­te huis op die­self­de werf op Mooinooi ge­woon.

Sy sê van­dag sy was lank­al be­kom­merd oor Bo­ni­ta – nie net om­dat sy ge­weet het die B­rit­se se plek is vuil en ver­val­le nie, maar om­dat sy ge­glo het haar dog­ter word e­mo­si­o­neel deur hul­le mis­han­del.

“Hul­le het haar Dik­gat ge­noem. Hul­le was le­lik met haar. Ek dink nie sy het al­tyd vir my ge­sê hoe dit reg­tig gaan nie,” sê A­ni­ka. “E­rick het een­dag teen­oor my er­ken hy het Bo­ni­ta ge­klap. Hy het baie ge­drink en dan ’n an­der mens ge­word.”

Sy vryf se­nu­ag­tig oor haar kop en ver­tel sy is bang ie­mand in die B­rit­se se kring sal haar en haar dog­ter leed aan­doen. “As­se­blief, moe­nie fo­to’s van my neem nie. Ek wil nie hê hul­le moet weet hoe ek lyk nie.”

Die hon­de blaf bui­te en sy staan op om deur die ven­ster te loer. “Ek is so bang . . .”

A­NI­KA glo vas Bo­ni­ta is on­skul­dig. “Al­mal op die dorp skin­der. Ek het da­rem een vrien­din wat my on­der­steun en ook vir my kind bid,” sê sy. “Ek weet nie wat ver­keerd ge­loop het nie, maar ons sal oor­leef.”

Sy glim­lag vir die eer­ste keer ter­wyl sy praat oor die “goeie ou dae” toe haar kind haar ge­help het om koe­ke en ter­te te bak vir ’n geld­jie.

“Sy was al­tyd so hulp­vaar­dig en pligs­ge­trou. As 11-ja­ri­ge kind sou sy al sê: ‘Mam­ma, ek sal van­aand kos maak; jy kan rus.’ Sy is ook so lief vir die­re.”

Sy bly stil en trom­mel met haar vin­gers op die kom­buis­ta­fel. Daar is gaat­jies in die plas­tiek­ta­fel­doek ge­brand. Op ’n kas staan ’n or­na­ment met die woor­de: “Ma se kom­buis. Kin­ders eet ver­niet . . .”

Sy staan op en gaan haal ’n pers beer­tjie wat sy vir haar dog­ter ge­brei het. “Haar guns­te­ling­kleur is pers. Ek wil dit vir haar gee wan­neer ek haar weer sien.” Sy wil so graag weer ’n nor­ma­le ge­sins­le­we hê, haar dog­ter vas­hou en saam met haar bid.

Die Rus­ten­burg­se son bak die kom­buis warm. A­ni­ka se tra­ne meng met die sweet op haar bo­lip. Ná nog ’n stil­te sug sy en sê: “Ek haat die B­rit­se . . . al­mal van hul­le.” * S­kuil­na­me is ge­bruik om­dat die be­skul­dig­des van ver­krag­ting aan­ge­kla is, maar nog nie ge­pleit het nie. Land­dros Se­ma­ka­leng T­ha­ma­ge het in die hof be­na­druk die be­skul­dig­des mag tot dan nie ge­ï­den­ti­fi­seer word nie.

Pie­ter en E­rick se pro­ku­reur, Ponts­ho Rai­ka­ne, het teen druk­tyd nie op die be­we­rings teen hul­le ge­re­a­geer nie.

‘Ek dink nie sy het al­tyd vir my ge­sê hoe dit reg­tig gaan nie’

FA­CE­BOOK

HOOFFOTO: Die ma pro­beer on­ver­poos die tra­ne keer. Sy vrees vir haar en haar kind se le­we. LINKS: Joey en A­nisha van Nie­kerk se huis op hul klein­hoe­we op Mooinooi in Noord­wes. BO: Fa­mi­lie be­skryf die eg­paar as lief­de­vol en vol pret. Hul­le was drie jaar ge­troud.

BO: Die ma sê sy voel mag­te­loos; sy kon haar dog­ter nog net vlug­tig sien. LINKS: Sy het dae aan­een aan dié beer­tjie ge­brei en hoop om dit bin­ne­kort self vir haar dog­ter te gee. LINKS BO: Warm woor­de in die ma se kom­buis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.