Ma kan seun ná agt jaar ’n druk­kie gee

Na­dat ’n ma haar seun glo in C­hi­na moes ag­ter­laat, was dit ’n blye weer­siens toe hul­le me­kaar in Dur­ban om­hels

Huisgenoot - - Inhoud - Deur PIE­TER VAN ZYL

SE­DERT sy ge­boor­te dra sy ’n stuk­kie van haar seun se ge­droog­de na­el­string in haar beur­sie saam met haar. Die af­ge­lo­pe agt jaar, ter­wyl die SuidA­fri­kaan­se ma bly veg het om hom weer te sien ter­wyl hy by sy ou­ma in C­hi­na ge­woon het, het dit vir haar ’n tas­ba­re sim­bool van die band tus­sen hul­le ge­word.

Nou, ná so­veel ver­geef­se po­gings en so­veel ja­re van wip­plank­ry tus­sen hoop en wan­hoop, het die dag ein­de­lik aan­ge­breek dat sy weer die seun wat sy nood­ge­dwon­ge as vier­ja­ri­ge in die Oos­te moes ag­ter­laat in haar arms sal kan vas­hou.

Van­dag kan sy weer die e­mo­si­o­ne­le na­el­string tus­sen hul­le be­gin her­bou.

Die vo­ri­ge mid­dag het die ma (34) dank­sy die gel­de­li­ke hulp van vrien­de uit hul tuis­stad, Port E­li­za­beth, saam met haar ma (62) na Dur­ban ge­vlieg, waar hul lang­ver­lo­re seun en klein­seun ’n week voor Kers­fees saam met sy an­der ou­ma ge­land het.

Sy pa woon in Dur­ban en wil hê hy moet nou hier kom skool­gaan en leer En­gels praat.

“Ons het han­de vas­ge­hou en ge­bid dat die He­re vir ons ’n won­der­werk moet gee, dat die seun sy ma nie sal kwa­lik neem nie,” ver­tel die A­fri­kaan­se ou­ma voor Ma­ri­ti­me Pla­ce, ’n ge­bou aan die Dur­ban­se see­kant, waar die weer­siens in ’n ge­sins­ad­vo­kaat se kan­toor gaan plaas­vind.

Die ma kon nie gis­ter­aand slaap of van­og­gend eet nie.

“Ek was so bang my kind is weer land­uit,” ver­tel sy in die hys­bak op pad na die 16de ver­die­ping.

Saam met die regs­hul­praad­pro­ku­reur wat haar al se­dert 2010 help om haar kind weer te pro­beer sien, gaan sit sy in die voor­por­taal, van waar hul­le ’n uit­sig oor die groen heu­wels van die voor­stad Mus­gra­ve het.

Dan skie­lik is hul­le daar: haar C­hi­ne­se eks­man, sy ma wat se­dert 2009 hul seun in C­hi­na ver­sorg en die seun na wie sy deur die ja­re ver­lang het.

Hul­le kom by die voor­por­taal in­ge­stap en gaan oor­kant die ma en A­fri­kaan­se ou­ma teen die muur sit.

Die seun kyk vlug­tig in sy ma se rig­ting en ’n glim­lag flits oor sy ge­sig. Die af­ge­lo­pe agt jaar het hul­le me­kaar net op Sky­pe en ty­dens video-op­roe­pe ge­sien. Die oom­blik is te groot. “My boy, my boy. My kind. Hy is prag­tig. My kind, my kind. Dit voel as­of ek gaan flou word. Ek kan my hart hoor klop,” fluis­ter die ma.

Sy wil op­spring en hom teen haar bors vas­druk, maar wil hom nie oor­wel­dig en ver­skrik nie. Daar­om bly sy op die reg­te oom­blik wag, soos sy al die af­ge­lo­pe agt jaar op hul her­ont­moe­ting wag.

‘Hy het nie meer ’n seun­tjie­lyf soos al daar­die ja­re ge­le­de toe ek hom laas so kon vas­hou nie’

DIE ma en haar eks­man (38) het me­kaar des­tyds ont­moet toe hul­le in ver­skil­len­de win­kels op Hluhlu­we in K­waZu­lu-Na­tal ge­werk het. Hul­le is daar­na ge­troud. In Mei 2009, toe hul seun vier was, het die ge­sin na C­hi­na ge­reis om by die SuidA­fri­kaan­se vrou se C­hi­ne­se skoon­ma te gaan kui­er. Haar man het toe vir haar C­hi­ne­se do­ku­men­te ge­gee om te on­der­te­ken wat sy nie be­hoor­lik ver­staan het nie, be­weer sy. Vol­gens die do­ku­men­te sou sy glo in­stem om voog­dy­skap oor haar kind aan haar skoon­ma te gee. Die ma hou vol sy het nie ver­staan wat die do­ku­men­te be­te­ken nie, ter­wyl haar eks­man se pro­ku­reur aan­voer hul­le het die do­ku­men­te deeg­lik vir haar in En­gels ver­taal.

So­wat ses maan­de ná hul aan­koms in Nan­ping, C­hi­na, op hul laas­te aand saam in Ok­to­ber 2009, het sy haar seun, toe ’ n vier ja­ri­ge, ’ n druk­kie ge­gee en in A­fri­kaans ge­sê: “Lek­ker slaap. Sien jou mô­re.”

Toe sy die vol­gen­de og­gend wak­ker word, was hy reeds saam met sy C­hi­ne­se ou­ma weg na ’n an­der dor­pie. Vol­gens die ma het an­der le­de van haar skoon­fa­mi­lie haar kom op­laai en na die lug­ha­we ge­neem.

Son­der geld in ’n vreem­de land en met ’n vi­sum wat reeds ver­stryk het, was sy ver­plig om son­der haar seun te­rug te vlieg Suid-A­fri­ka toe.

Sy het ver­geefs by van die Suid-A­fri­kaan­se po­li­sie tot die C­hi­ne­se o­wer­heid en In­ter­pol aan­ge­klop, want daar is geen uit­le­we­rings­oor­een­koms tus­sen SuidA­fri­ka en C­hi­na nie. Deur die ja­re het sy bly soek na ’n ma­nier om haar kind weer te sien.

Ter­wyl haar seun in die voor­por­taal langs sy C­hi­ne­se ou­ma na die te­ken­prent A Bug’s Li­fe op TV sit en kyk, pro­beer die ma met hom oog­kon­tak maak. Hy is net ’n paar me­ter van haar af, maar vir haar voel dit ki­lo­me­ters ver.

Toe hy vir haar kyk, swy­mel sy: “Kyk sy mooi kuil­tjies. Hy het dit al van ba­ba­dae af. Ek het dit so ge­mis. Sy oë is soos my­ne. En sy ken. Sy ha­re is baie don­ker­der as wat ek kan ont­hou. Jy kan mos sien ek is deel van hom?” sê-vra sy.

“Ek wens ek kan hom nou vas­hou. Mam­ma se kind. Die helf­te van my hart.”

Dis ’n dag waar­op sy en haar ou­ers al baie lank wag. Sy A­fri­kaan­se ou­pa wou ook saam­kom, maar die geld was te min. Die af­ge­tre­de voor­man in die bou­be­dryf kan nie wag om saam met sy ver­vreem­de klein­seun vleis te braai en vis te vang nie.

Ook die ma se jong­ste, ’n vier­ja­ri­ge seun, weet hy het ’n ou­boet wat tot nou toe ie­wers ver in die wê­reld ge­woon het. Wan­neer hy ’n vlieg­tuig in die lug sien, sê hy “brot­her”.

Sy 32-ja­ri­ge pa, sy ma se ver­loof­de, stuur van­dag ge­du­rig vir haar be­moe­di­gen­de bood­skap­pe op haar sel­foon ter­wyl sy wag.

Teen 12:10 roep die ad­vo­kaat hul­le na sy kan­toor. Dit is die oom­blik waar­op die ma so lank ge­wag het. Sy gee hom ’n druk­kie.

“Ek het nie ge­weet of my kind my gaan aan­vaar nie. Ek was dui­se­lig. Dit was soos ’n e­lek­trie­se skok deur my are,” ver­tel die ma la­ter.

“Hy het vir my ge­glim­lag toe ons me­kaar ’n druk­kie gee. Hy het nie meer ’n seun­tjie­lyf soos al daar­die ja­re ge­le­de toe ek hom laas so kon vas­hou nie. Maar toe ek hom ’n soen op sy mond wou gee, het hy weg­ge­trek. Dis se­ker nog te vroeg. Maar ek kon voel daar is steeds ’n band tus­sen ons.”

Haar vreug­de is nog gro­ter toe sy hoor die seun kan vir ’ n tyd­jie die mid­dag saam met hul­le by The Pa­vil­li­on-win­kel­sen­trum kui­er, maar sy pa en an­der ou­ma moet saam­kom.

“Ek wil vir my kind ’n pre­sen­tjie op my Ga­me-re­ke­ning koop,” ver­tel die ma in die mo­tor op pad daar­heen.

Hul­le ont­moet me­kaar by Nan­do’s en ge­sels in ge­bro­ke En­gels oor koei­tjies en kal­fies. Wan­neer die ma en die A­fri­kaan­se ou­ma vra: “Re­mem­ber this?” oor iets uit sy sor­ge­lo­se kin­der­ja­re in SuidA­fri­ka, knik hy sy kop.

La­ter stap ma en seun hand aan hand deur die win­kel­sen­trum. Kort-kort sit hy sy arm om haar skou­ers. Hul­le praat nie veel nie, maar die bly­ke van toe­na­de­ring sê vir die ma oor­ge­noeg.

Sy wil vir hom ’n koord­lo­se Blu­e­toothluid­spre­ker koop, maar hy kies swem­goed: ’n duik­bril, pad­da­voe­te en T-hem­pie. Die ma koop ook vir hom ’n nu­we sim­kaart vir sy foon en gee vir hom die bank­kaart vir ’n spaar­re­ke­ning wat sy vir hom ge­o­pen het.

“Dank die He­re vir dié mid­dag,” ju­bel die A­fri­kaan­se ou­ma la­ter. “Hy het my ook her­ken en er­ken as sy ou­ma.”

NÁ HUL eer­ste kui­er kry die ma ’n W­hat­sApp in Man­da­ryns van haar seun wat los­weg be­te­ken: “Ons sal aan­hou ge­luk­kig wees vol­gen­de maand.” “Dan het ons mos hoop,” is haar re­ak­sie. “Ek wil hom so graag ook as deel van ons ge­sin hê.”

Die vol­gen­de og­gend voor sy en die A­fri­kaan­se ou­ma te­rug­vlieg na Port E­li­za­beth, gaan eet hul­le saam met hom ont­byt.

“Die an­der deel van my hart is te­rug. Ek wens net ek kan hom saam­vat huis toe,” sê die ma. Nou tel sy die dae af tot hul vol­gen­de weer­siens.

Al­le be­trok­ke­nes se na­me is op regs­ad­vies weg­ge­laat.

LINKS: Vir die eer­ste keer se­dert 2009 kon ’n Suid-A­fri­kaan­se ma en haar seun me­kaar ’n druk­kie gee. BO: Die eens ver­vreem­de seun van die vrou van Port E­li­za­beth het on­langs by­na heel­tyd haar hand vas­ge­hou ty­dens ’n uit­stap­pie in Dur­ban.

Die ma en A­fri­kaan­se ou­ma kyk na video’s en fo­to’s van die dag van blye weer­siens in Dur­ban.

Die vrou wys ’n al­bum met fo­to’s van haar seun as ba­ba en ’n stuk­kie van sy ge­droog­de na­el­string wat sy al­tyd in haar beur­sie dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.