In­wo­ners help met Har­ties se hi­a­sin­te-pro­bleem

Toe die Hart­bees­poort­dam se pro­bleem met hi­a­sin­te hand­uit ruk, het in­wo­ners moue op­ge­rol

Huisgenoot - - Inhoud - (Blaai om)

DEKADES al is die Hart­bees­poort­dam, aan die voet van die skil­der­ag­ti­ge Ma­ga­lies­berg wes van Pretoria, ’n na­week toe­vlugs­oord vir in­wo­ners van Gau­teng en Noord­wes. Met ’n wa­ter­op­per­vlak­te van so­wat 1 900 ha, of­te­wel by­na 2 000 rug­by­vel­de, is die dam ge­wild vir seil, wa­ter­ski, hen­gel, par­ty­tjie­bo­te – noem maar op.

Maar so lank as wat pret­ma­kers al na “Har­ties” op­ruk, net so lank is daar al die “Groen Ge­vaar”: die dry­wen­de uit­heem­se wa­ter­plan­te genaamd hi­a­sin­te wat mak­lik ver­sprei en daar­om voort­du­rend be­heer moet word.

In die ver­le­de was die be­heer van die hi­a­sin­te die ver­ant­woor­de­lik­heid van die de­par­te­ment van waterwese en bos­bou, maar in 2016 het die de­par­te­ment dié taak aan die ge­meen­skap van die oe­wer­dorp Hart­bees­poort oor­ge­gee.

Teen De­sem­ber 2016 was so­wat 60% van die dam ’n groen, on­be­vaar­ba­re see. Die si­tu­a­sie was erns­tig, want die hi­a­sin­te kon die dam heel­te­mal oor­ge­neem en die dorp se toe­ris­me­eko­no­mie dood­ge­smoor het.

Die dorp moes moue op­rol en te­rug­veg. Die Hart­bees­poort­dam- re­ha­bi­li­ta­sie be­heer ko­mi­tee, met’ n ver­ko­se re­ë­lings­ko­mi­tee van agt le­de, i sin Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar deur die ge­meen­skap in die le­we ge­roep. Met be­perk­te geld, wat self in­ge­sa­mel moet word, het hul­le aan die werk ge­spring.

En die span­ne­tjie, met die hulp van vry­wil­li­gers uit die dorp, het al som­mer groot din­ge ver­mag. Skaars 12 maan­de la­ter is nog net so­wat 16% van die dam se op­per­vlak­te met hi­a­sin­te be­dek.

Maar die stryd duur voort, want die plan­te groei vin­nig te­rug en die vo­lu­me wat dit in die dam be­slaan, kan el­ke twee we­ke ver­dub­bel. En boon­op het die Groen Ge­vaar reeds ska­de aan die dorp se e­ko­no­mie aan­ge­rig.

DAAR was ’n groot weg­vloei van in­wo­ners uit die dorp weens die hi­a­sin­te­pro­bleem, sê Je­a­ni­ne S­teyn, ’n ei­en­doms­a­gent van Cen­tu­ry21 op die dorp. “Ons het dit ver­al die af­ge­lo­pe twee jaar on­der­vind dat men­se om dié re­de hul ei­en­dom ver­koop,” sê sy.

Sy en haar man en me­de-ei­en­doms­a­gent, Da­nie, ver­dui­de­lik men­se koop en be­hou ei­en­dom in die om­ge­wing ter wil­le van die dam en ge­paard­gaan­de leef­styl. “Maar as die dam on­toe­gank­lik is en soos ’n rug­by­veld lyk, wil nie­mand mos meer hier woon nie,” sê Da­nie.

Nu­we moont­li­ke kopers is ook dees­dae hui­we­rig om hier in ei­en­dom te be­lê, glo hul­le. “Hul­le wil da­de­lik weet wat die si­tu­a­sie met die dam is,” sê Je­a­ni­ne. “Die on­ver­my­de­li­ke ge­volg is dat ei­en­doms­pry­se die af­ge­lo­pe 24 maan­de met so­wat 15% ge­daal het.”

Ni­co Wes­sels, eienaar van die ple­sier­boot-on­der­ne­ming Bo­a­ters­wor­ld, ver­tel sy on­der­ne­ming het tot twee jaar ge­le­de op ’n be­si­ge na­week tot dui­send men­se per dag op die wa­ter uit­ge­neem.

“Daar­na het die toe­ris­te met mak­lik 40% ver­min­der. Die af­ge­lo­pe paar maan­de is hier nooit meer as 400 men­se per dag nie,” ver­tel Ni­co. Waar daar dry­wen­de hi­a­sint­plan­te is, kan die bo­te nie uit­gaan nie.”

Vir Den­nis de Jongh, Suid-A­fri­kaan­se wa­ter­ski-kam­pi­oen wat in Sep­tem­ber ver­le­de jaar ’n sil­wer­me­dal­je ty­dens die 35 Plus- Eu­ro­pe­se en A­fri­ka-wa­ter­ski­kam­pi­oen­skaps­by­een­koms in I­ta­lië ge­wen het, ver­oor­saak die hi­a­sin­te dat hy nie so­veel kan oe­fen soos hy moet nie. Hy wys ons die mas­sa plan­te wat die af­ge­lo­pe drie dae aan die oe­wer by die kaai van La­ke­land, die land­goed waar hy woon, saam­ge­pak het. Dit strek so­wat 100 m ver.

“Ek kon Maan­dag nog my boot in die wa­ter kry om te oe­fen, maar Dins­dag het dit so ge­lyk,” ver­tel hy en be­duie na die groen ta­pyt.

Ook in die laas­te twee we­ke van De­sem­ber kon hy glad nie op die dam kom nie. Hy ver­dui­de­lik die plan­te dryf op die wa­ter en kan baie vin­nig van een plek na ’n an­der ge­dryf word as die wind sterk waai.

Den­nis hou nou­keu­rig boek van die vor­de­ring met die uit­roei van die plant. “In De­sem­ber 2016 was 756 ha van die wa­ter­op­per­vlak­te vol hi­a­sin­te, teen Mei ver­le­de jaar was dit 550 ha en teen ein­de ver­le­de jaar 310 ha,” ver­dui­de­lik hy. “In De­sem­ber 2016 was die dam dood; hier was by­na geen be­soe­kers en geen bo­te op die wa­ter nie.”

Cas­per Kru­ger, ’n lid van die re­ë­lings­ko­mi­tee, sê die af­ge­lo­pe De­sem­ber was die prent­jie reeds be­ter, met meer bo­te wat weer op die wa­ter kon gaan.

In­tus­sen woe­ker die ko­mi­tee on-

‘As die dam on­toe­gank­lik is en soos ’n rug­by­veld lyk, wil nie­mand mos meer hier woon nie’

Teen De­sem­ber 2016 was so­wat 60% van die dam ’n groen, on­be­vaar­ba­re see

ver­poos saam met vier kon­trak­teurs om die hi­a­sin­te met laai­gra­we en an­der ma­sji­ne­rie uit die wa­ter te haal so­dra dit teen die oe­wer vas­waai.

Meer as 1 000 t hi­a­sin­te, wat tot 2 ha van die dam se wa­ter­op­per­vlak­te kan be­dek, kan so per dag uit­ge­haal word, ver­tel Cas­per, ’n vis- en wa­ter­ken­ner.

Cas­per ver­dui­de­lik die pro­bleem het ont­staan om­dat daar die laas­te paar jaar nie na die e­ko­sis­teem van die dam ge­kyk is nie. “Die swart­baars, ’n uit­heem­se vis, vorm nou die groot­ste deel van die vis­le­we. Dié roof­vis wis die kur­pers uit, wat weer op hul beurt die al­ge en hi­a­sin­te eet en in toom hou,” ver­dui­de­lik hy.

Die swart­baars­vis­se gaan bin­ne­kort met ge­spe­si­a­li­seer­de net­te ge­vang word om die ge­tal­le te ver­min­der. Dié pro­ses sal deur die plaas­li­ke vis­se­ry, Fis­her­ies HBP, ge­mo­ni­tor word. Al hier­die uit­ga­wes moet deur sken­kings uit die ge­meen­skap ge­fi­nan­sier word.

Daar­na sal Cas­per as deel van die ge­meen­skaps­pro­jek om die dam se e­ko­stel­sel be­ter te be­stuur, be­gin met die teel van kur­pers.

Hy be­plan om so­wat 3 mil­joen kur­pers van ver­skil­len­de spe­sies in die dam los te laat om die hi­a­sin­te te help be­heer.

TOG is die doel nie om die plan­te­mas­sa ooit heel­te­mal uit te roei nie. Nog ’n in­wo­ner, die om­ge­wings­kun­di­ge Ja­cquie Pas­tor, ver­dui­de­lik dat hi­a­sin­te nooit heel­te­mal uit­ge­roei mag word nie om­dat dit ’n be­lang­ri­ke rol in die e­ko­stel­sel speel.

“Die dry­wen­de plant werk soos ’n wa­ter­fil­treer­stel­sel,” ver­tel sy. “Die wor­tels suig die vuil wa­ter op, waar­na die stuk­ke af­val in die stam­me vas­ge­vang word.”

Dit sluit on­der meer mens­li­ke af­val in soos ri­ool, wat saam met die voe­dings­ri­vie­re die dam bin­ne­vloei.

Om die e­ko­sis­teem in plek te hou, sal so­wat 5% van die hui­di­ge hi­a­sin­te be­hou word. Le­de van die ge­meen­skap sal bo­te en net­te ge­bruik om dit by die ri­vier­mon­de te “an­ker”.

So sal dit steeds die wa­ter sui­wer waar dit by die dam in­kom, maar nie wa­ter­sport en an­der boot­ver­keer ont­wrig nie.

Wat ’n jaar ge­le­de dalk na ’n on­moont­li­ke taak ge­lyk het toe die in­wo­ners die hi­a­sin­te­pro­bleem aan­pak, be­gin nou vrug­te dra.

Cas­per sê vol­gens hul be­plan­ning sal die hi­a­sin­te oor so­wat agt maan­de on­der be­heer wees.

Bin­ne­kort sal die dam dalk weer met wit kleur­ry­ke sei­le en die skui­men­de wit wa­ter­ster­te van krag­bo­te oor­trek wees eer­der as met die Groen Ge­vaar . . .

Deur JACO HOUGH- COETZEE Fo­to’s: MAR­TIN DE KOCK

HOOFFOTO: So­wat 16 per­sent van die to­ta­le op­per­vlak­te van die Hart­bees­poort­dam is nog met hi­a­sin­te be­dek. BO: Cas­per Kru­ger, een van die le­de van die re­ha­bi­li­ta­sie­ko­mi­tee, sê die hi­a­sin­te sal bin­ne agt maan­de on­der be­heer wees.

Den­nis de Jongh (links) en Cas­per kyk na die si­tu­a­sie by La­ke­si­de.

’n Laai­graaf ver­wy­der stuk­ke van die uit­heem­se plant.

(Van vo­ri­ge bladsy) LINKS: So lyk die kur­per­vis wat moet help om die hi­a­sin­te on­der be­heer te hou. ON­DER: ’n Groot mas­sa van die plant teen die dam­wal, maar wan­neer die wind draai, sal dit weer na ’n an­der deel van die dam dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.