‘EK IS DANKBAAR EK HET IN DIE 80 JAAR BE­TER GE­RAAK’ – JANE FONDA

Jane Fonda het on­langs nog ’n myl­paal­ver­jaar­ar­dag ge­vier en is nog net so be­sig as ak­tri­se en n ak­ti­vis. Hoe kry sy dit reg?

Huisgenoot - - Inhoud - Saam­ge­stel deur KIRSTIN BUICK CK BRON­NE: PE­OP­LE, DAILY MAIL, VANITY FAIR, VA­RI­E­TY, WWD.COM, VICE

SI L WERD O EK SEN­SA­SIE, fiks­heids­ghoe­roe, tyd­lo­se skoon­heid, fe­mi­nis, ak­ti­vis – en nou wéér ’n lief­ling van die skerm. Jane Fonda is een van Hol­ly­wood se voor­ste ver­kleur­man­ne­tjies ;’ n mees­ter van die kuns om voort­du­rend’ n nu­we i­den­ti­teit te skep. Maar selfs sý het nooit in haar wild­ste dro­me ge­dink haar le­we sou op 80 steeds so suk­ses­vol en be­dry­wig wees soos toe sy in die 1960’s op al­mal se lip­pe was ná haar vuur­warm ver­sky­ning in die i­ko­nie­se Bar­ba­rel­la nie. Sy het waar­skyn­lik ge­re­ken sy sal teen dié tyd stil­weg in haar tuin wer­skaf, ver van die flit­sen­de lig­te en die fliek­skerm af.

Maar die le­we het dui­de­lik an­der plan­ne vir haar ge­had. Die ak­tri­se het on­langs haar 80ste ver­jaar­dag ge­vier en is be­slis geen af­ge­leef­de tan­te wat te­vre­de is om in haar ske­mer­ja­re op haar lou­e­re te rus nie.

Die nu­we sei­soen van haar tref­fer­reeks Gra­ce and Fran­kie is van 19 Ja­nu­a­rie af op die stroom­diens Netflix te sien. Sy het ook ’n paar lo­ket­tref­fers op pad en is nog net so ’n vu­ri­ge ak­ti­vis soos al­tyd.

Dis haar y­wer as kamp­veg­ter vir ver­dien­ste­li­ke sa­ke wat haar aan die gang hou, sê Jane.

“Ek het ge­dink ons sou (teen my 80ste ver­jaar­dag) ’n vrou­e­pre­si­dent hê,” het sy on­langs aan Vanity Fair ge­sê. “Ek het ge­dink ek sou dalk be­gin tuin­maak. Ek het nie ge­dink ek sou weer be­toog nie, nee.”

Sy was trou­ens op haar 79ste ver­jaar­dag in 2016 saam met haar ja­re lan­ge vrien­din en Gra­ce and Fran­kie-me­de­ster Li­ly Tom­lin (78) by ’n be­to­ging teen die Da­ko­ta Access Pi­pe­li­ne.

Hul­le het saam met dui­sen­de men­se by die S­tan­ding Rock Si­oux-re­ser­vaat in Noord-Da­ko­ta ge­pro­tes­teer teen die bou van dié on­der­grond­se o­lie­pyp­lyn van 1 886 km.

Jane se 80ste ver­jaar­dag op 21 De­sem­ber ver­le­de jaar was ’n bie­tjie glans­ry­ker, ns­ry­ker, maar sy het steeds die ge­leent­heid heid ge­bruik om ’n saak te be­vor­der wat at haar na aan die hart lê. Sy het die Eig­ht ht De­ca­des of Jane-par­ty­tjie in At­lan­ta ge­hou om geld vir haar lief­da­dig­heids­or­ga­ni­r­ga­ni­sa­sie die Ge­or­gia Cam­paign for A­do­les­cent Po­wer and Po­ten­ti­al (GCAPP) APP) in te sa­mel. Dit fo­kus op op­voe­ding ding oor sek­su­e­le gesondheid en die voor­ko­ming van tie­ner­swan­ger­skap­pe. pe.

Die gas­te het dui­sen­de dol­lars vir ’n plek in die eks­klu­sie­we W­hit­ley­ley­ho­tel op­ge­dok, waar hul­le aan ’n agt­gang­maal­tyd weg­ge­lê het – el­ke gang het ’n de­ka­de van Jane se le­we voor­ge­stel.

Dol­ly Par­ton en O­prah Win­frey het vi­de­o­bood­skap­pe ge­stuur wat op die aand ge­speel is. Dol­ly y het ’n saam­sing­uit­voe­ring van haar ar tref­fer­lied­jie 9 to 5 aan­ge­bied en O­prah het ’n al­le­min­ti­ge $100 000 (so­wat R1,25 mil­joen) ge­skenk.

“Deur jou voor­spraak en deur ur jou da­de is jy let­ter­lik ’n mees­ter­klas klas in ak­sie,” het O­prah oor Jane ge­sê.

Die GCAPP se voor­sit­ter en uit­voeitvoe­ren­de hoof, Kim Nol­te, het heel­har­tig har­tig saam­ge­stem. “Die mees­te men­se se sit ag­ter­oor wan­neer hul­le 80 is – sy ver­snel die pas,” het Kim op die ste­rer­be­laai­de ge­leent­heid ge­sê, waar aar al­te­saam R16,25 mil­joen in­ge­sa­mel mel is. “Ek het nog nooit ie­mand so hard sien werk soos Jane nie.” nie.

SELFS in haar 80’s is Jane hard aan die werk voor die ka­me­ras. En sy is steeds op haar bes­te, met be­noe­mings van­jaar vir ’n Em­my en A­me­ri­kaan­se Ak­teurs­gil­de- prys vir Gra­ce Gr and Fran­kie. Sy is die ver­vaar­di­ger en ver­tolk ook ’n hoof­rol in dié reeks oor twee uit­een­lo­pen­de ka­rak­ters in hul goue ja­re wat teen al­le ver­wag­ting in vri vrien­de raak.

“Ek is baie dankbaar vir die pro­gram, want dit gee ons ’n kans om aan ou­er vroue kul­tu­reel ge­stal­te te gee,” sê sy oor die ko­me­die k waar­in sy die ge­span­ne vuur­vre­ter vuu Gra­ce teen­oor Li­ly se non­cha­lan­te ch Fran­kie speel.

Sy het ook ’n paar rol­prent­pro­jek­te aan aa die kom. Daar’s die ro­man­tie­se dra dra­ma Our Souls at Nig­ht, waar­in sy vir die vier­de keer saam met Ro­bert Red­ford Red op die skerm ver­skyn, en dan die ko­me­die Book Club, saam met Di­a­ne Dia Ke­a­ton en Can­di­ce Ber­gen.

On­danks On haar suk­ses op die skerm en el­ders het Jane se reis al­les­be­hal­we seep­glad ver­loop. v Sy sê sy het as ’n jong s­ter nie ee eens ge­dink sy sou 30 haal nie.

“Ek het my nooit 30 voor­ge­stel nie,” sê sy. “Ek “E het aan­ge­neem ek sou nie baie lank l leef nie en dat ek een­saam en as die een of o an­der ver­slaaf­de sou sterf.”

Jane Jan se so­si­a­le­vlin­der-ma, Fran­ces, het haar eie le­we ge­neem deur haar keel af te sny toe Jane 12 was. Die ak­tri­se het al ont­hul ont­hu sy het deur moei­li­ke kin­der­ja­re saam met haar af­sy­di­ge pa, die Hol­ly­wood-i­koon wood Hen­ry Fonda, ge­wor­stel.

Jane Jan het haar pa on­danks sy e­mo­si­o­ne­le koud­heid k ver­af­god, en dit het tot ’n “span­nings­vol­le “span a­do­les­sen­sie” ge­lei.

“Ek is groot­ge­maak om vet te voel,” het sy aan die koe­rant Daily Mail ge­sê na­dat haar ou­to­bi­o­gra­fie, P­ri­me Ti­me, in 2011 uit­ge­gee uit­ge is. “Al sou my pa my nie reg­streeks streek sê nie, sou hy een van sy vroue (hy was w vyf keer ge­troud) kry om vir my te sê ek e be­hoort nie ’n bi­ki­ni te dra nie.

“Een­dag “Ee het ek hom oor my hoor praat – ek k kan jou nie eens ver­tel wat hy ge­sê het nie; n dit het my ge­trau­ma­ti­seer. Ek kan nie n voor­gee ek sal daar­oor kom nie.”

Ge­volg­lik het Jane ’n stryd teen bu­li­mie ge­voer en ver­skeie on­stui­mi­ge ver­hou­dings ge­had. Sy het van drie “al­fa­mans”, soos sy hul­le noem, ge­skei – Bar­ba­rel­la se re­gis­seur, Ro­ger Va­dim (wat in 2000 in die ou­der­dom van 72 jaar dood is), die so­si­a­le en po­li­tie­ke ak­ti­vis Tom Hay­den (wat ver­le­de jaar op 76 dood is) en die me­di­a­mag­naat Ted Tur­ner (79).

Jane is nou heel ge­luk­kig en­kel­lo­pend na­dat sy en die mu­siek­ver­vaar­di­ger Ri­chard Per­ry (75) hul ver­hou­ding van agt jaar in 2016 be­ëin­dig het.

“Ro­man­tie­se lief­de is vlie­tend,” het sy net voor haar ver­jaar­dag aan die tyd­skrif Pe­op­le ge­sê. “Ek voel vol lief­de. Maar dis nie ro­man­tie­se lief­de nie.”

“(In ver­hou­dings) wil jy raak­ge­sien word. wo Jy wil vei­lig wees. Jy wil op die han­de ge­dra ge word. As jy nie raak­ge­sien, vei­lig of op die han­de ge­dra voel nie, stap weg.

“Daar is baie de­pres­sie­ly­ers in my fa­mi­lie. m Vir my kin­ders sou ek sê: ‘Pro­beer om nie met ie­mand te trou wat dit gaan er­ger er maak nie.’ ”

Sy het Va­nes­sa (49) uit haar hu­we­lik met m Ro­ger, en Troy (44) by Tom. Sy het nog no ’n kind, Ma­ry Wil­li­ams (50), groot­ge­maak ge van­dat die mei­sie 14 was.

Ter­wyl sy nou haar ver­hou­dings met haar ha kin­ders koes­ter, is sy spyt oor haar ge­brek ge aan be­trok­ken­heid as ’n ma toe hul­le hu jon­ger was.

“Dis die een ding wat ek wens ek kon oor­doen,” het sy aan Pe­op­le ge­sê. “Maar ek sê vir my kin­ders ek is jam­mer. Ek het nie ge­weet hoe om ’n be­trok­ke ma te wees nie, en ek is baie, baie jam­mer.”

AM­PER 40 jaar na­dat sy haar Jane Fonda’s Wor­kout-ryk in die 1980’s be­gin het, spog sy steeds met ’ n be­ny­dens­waar­di­ge fi­guur op die rooi­ta­pyt. Sy skryf dit groot­liks aan “ge­luk” toe, maar oe­fen so dik­wels as wat sy kan en ver­kies stap en pi­la­tes – selfs ná ’n knie- en heup­ver­van­ging.

“Ek het ge­weet as ek nie weer be­gin oe­fen nie, sou ek nie die mens ge­wees het wat ek van­dag is nie. Nie net lig­gaam­lik nie; gees­te­lik ook.

“Ek hou dop wat ek eet; ek me­di­teer. Ek het ge­noeg geld om ’n af­rig­ter te kry en vir mas­se­rings te gaan,” sê sy reg­uit.

Sy er­ken ook rui­ter­lik sy was al on­der die mes. “Ek het la­ter moeg ge­word van moeg lyk ter­wyl ek nie was nie,” skryf sy in haar bi­o­gra­fie.

Sy het chi­rur­gie aan haar kaak­lyn en on­der haar oë on­der­gaan. “Maar ek wou steeds soos ek lyk, net ’n uit­ge­rus­te ek.”

Maar Jane is die trots­ste op hoe sy aan die bin­ne­kant ver­an­der. “Ek is dankbaar ek het in die 80 jaar be­ter ge­raak,” sê sy. “Ek is min­der ver­oor­de­lend. Ek is ver­ge­wens­ge­sind. Ek het baie hard ge­werk om

’n be­ter mens te word.”

BO: Jane by ’n ver­to­ning van Our Souls at Nig­ht in Ve­ne­sië, I­ta­lië. LINKS: Ca­ro­le King, Jane en Ja­mes Tay­lor op Jane se 80ste ver­jaar­dag­vie­ring.

LINKS: Jane by haar Gra­ce and Fran­kie­me­de­ster Li­ly Tom­lin. REGS: Jane by haar bi­o­lo­gie­se kin­ders, Va­nes­sa en Troy. HEEL REGS: By Ro­bert Red­ford in hul nu­we fliek, Our Souls at Nig­ht.

ON­DER: Die des­tyd­se fiks­heids­ghoe­roe doen haar ding. MID­DEL ON­DER: ’n Plak­kaat vir die kul­tus­tref­fer Bar­ba­rel­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.