WAAR ’N WIL IS, IS IN­DER­DAAD ’N WEG

Huisgenoot - - Gesels Saam -

Ek neem my klein­seun sog­gens kleu­ter­skool toe en gaan haal hom in die na­mid­dag. Op ’n dag klim ons tuis uit die mo­tor toe hy daar­op aan­dring dat ons gaan stap. Ek was al­les­be­hal­we lus daar­voor, maar doen dit toe maar.

Hy wou ál ver­der stap. La­ter sê ek: “Nee, dis nou ge­noeg; ou­ma kan nie meer nie.” Sy re­ak­sie: “Ou­ma, as ’n mens wil, kán jy.”

Ons stap nog ’n ent­jie en ek pro­beer weer: “Ai tog, ou­ma wil nou nie meer nie.” En hy ant­woord: “Ou­ma kan. Kyk net na al die mooi hui­se, bo­me en mooi blou lug.”

Net daar laat hy my som­mer klein voel. Ek be­gin toe in sy op­ge­won­den­heid deel, en ja, voor­waar, ou­ma kan. Ge­niet die wer­ke van ons Skep­per. OU­MA, MEYERSDAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.