SMS’E

Huisgenoot - - Gesels Saam -

Baie dan­kie vir die prag­ti­ge kort­ver­haal ’n Wa­re Troe­ba­doer

(4 Ja­nu­a­rie) in Huis­ge­noot. Dit wys ’n mens net dat jy selfs in jou goue ja­re ro­man­se kan vind. Tru­dy Rein­hardt, jy mag ge­rus maar jou hand aan ’n ro­man waag. – HANNETJIE BORSTLAP

Ek was die af­ge­lo­pe tyd ge­reeld op ons paaie.

Ek wil pleit dat voer­tuig­be­stuur­ders ver­draag­sa­mer moet wees. Be­stuur­ders op die N2 in die Kaap is van die on­ge­dul­dig­stes; geen won­der die pad is so be­rug weens die on­ge­luk­ke nie. – TINA VIKTOR, WORCESTER

Hen­nie en Ja­co­bu Lot­ter, jul­le is die vol­maak­te paartjie

(Ons le­we vol lief­de en lag, 11 Ja­nu­a­rie). Bly so prag­tig van bin­ne en bui­te en so lief vir me­kaar. Moet nooit op­hou saam lag deur die le­we nie. S­terk­te ook met jul on­der­ne­ming. – H. COETZEE, VEREENIGING

Die kuns­te­naar Wal­ter Mey­er se voor­ty­di­ge dood was vir my so tra­gies

(Dra­mas voor skil­der se mes­dood, 18 Ja­nu­a­rie). Sy land­skap­pe en stu­dies van die men­se om hom was aan­gry­pend. Ek hoop ons kry nog ’n ar­ti­kel oor die kuns­te­naar. – ESTHER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.